Movember is blou maand by CAN

Kristien Kruger
Die Kankervereniging van Namibië (CAN) se jongste statistiek toon dat prostaatkanker tans die mees algemene kanker onder Namibiërs is, met 350 nuwe gevalle wat jaarliks gediagnoseer word.

“Ons data toon verder dat ongeveer 5% van alle mans in die land tans met prostaatkanker leef, wat effens hoër is as die 4,6% van vroue wat met borskanker leef,” lui ’n mediaverklaring.

Die vereniging sal dié maand daarop fokus om bewustheid oor prostaatkanker te skep en moedig alle mans ouer as 45 aan om getoets te word.

Die prostaatspesifieke antigeentoets (PSA) is ’n eenvoudige bloedtoets wat die teenwoordigheid van ’n sekere proteïen, wat in die prostaatklier gevorm word en ’n aanduiding van kanker kan wees, uitwys. Dié toets kan landswyd by Pathcare gedoen word, asook gratis by CAN se kantoor in Windhoek.

Volgens die vereniging neem die kans ná 50 vinnig toe om met prostaatkanker gediagnoseer te word.

“Ongeveer 6 uit 10 van alle prostaatkankers word by mans ouer as 65 gediagnoseer.”

Volgens die internasionale Prostaatkankerstigting is prostaatkanker die vierde mees algemene kanker wêreldwyd, met 1 uit elke 8 mans wat daarmee gediagnoseer sal word.

Dit is ook een van die kankers wat die meeste oorerflik is. Dié stigting skat dat 57% van die risiko vir prostaatkanker met genetiese faktore verbind kan word.

Aangesien daar nog geen spesifieke oorsake is waarom mans prostaatkanker ontwikkel nie, is dit moeilik om raad te gee hoe om dit te voorkom.

“Ons kan net aanbeveel dat jy fokus op ’n gesonder dieet en leefstyl om die risiko van die ontwikkeling van enige siekte te verminder en dit sal jou help om ’n langer en gesonder lewe te lei.”

ONDERSTEUN INISIATIEWE

Mense kan inisiatiewe ondersteun soos om ’n 2024-dagboek by CAN se kantoor op Swakopmund te bestel, waarna individue ’n blou lint sal kry wat hulle kan dra ter ondersteuning van mans met prostaatkanker.

Mense kan ook tot Woensdag 22 November ’n blou kolwyntjie teen N$15 elk bestel wat die vereniging in staat sal stel om meer mans gratis te toets.

Vir meer inligting of om enige van CAN se inisiatiewe te ondersteun, kan CAN se hoofkantoor by 061 237740 of die CAN Erongo-sentrum by 064 461 271 gekontak word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!