MVAF bespreek gevallebestuur

Michelline Nawatises
Die Namibiese Padongelukfonds (MVAF) het onlangs ’n gevallebestuurskonferensie in Swakopmund gehou.

Die konferensie word jaarliks op ’n rotasiebasis deur die vier MVAF-susterfondse in die SADC-streek (Namibië, Suid-Afrika, Botswana en Eswatini) aangebied om met verskeie kundiges en belanghebbendes in gesprek te tree.

Volgens die uitvoerende hoof, me. Rosalia Martins-Hausiku, is dit individue en instansies wat oor kennis, vaardighede en ervaring beskik in mediese behandeling, beseringsbestuur, rehabilitasie en langtermynversorging van mense wat in voertuigongelukke beseer is.

“Gevallebestuur begin vanaf die oomblik wanneer iemand in ’n motorvoertuigongeluk betrokke is en in die hospitaal opgeneem word. Dit sluit verdere aspekte soos hospitaalbestuur, rehabilitasiebestuur en lewensverbetering in, totdat die persoon weer die gemeenskap, werk of skool betree,” het sy gesê.

Die konferensie is ook in ooreenstemming met die fonds se fokus op rehabilitasie met die kliënt as middelpunt.

Een van die kerndoelwitte van die konferensie was om strategieë te identifiseer om samewerking tussen sleutelbelanghebbendes meer doeltreffend te koördineer en te versterk om standaardisering van gevallebestuurbenaderings te verseker en om die kliëntgesentreerde benadering tot gevallebestuur te verfyn.

“Om dit te bereik, moet susterfondse met sleutel strategiese vennote saamwerk om doeltreffende sakebestuur vir ons kliënte te bied,” sê Hausiku.

Erongo se goewerneur, mnr. Neville Andre, het gesê ongelukstatistieke wat die MVAF ingesamel het, toon dat die Erongostreek een van die ses streke in Namibië is met ’n hoë ongeluksyfer.

Erongo het oor die afgelope vier jaar (2019 tot 2022) 1 119 padongelukke aangeteken, wat tot 1 735 beserings en 125 sterftes gelei het.

“In die lig hiervan is die Erongostreek jaarliks gemiddeld vir 10% van die ongelukke verantwoordelik, met beserings en sterftes wat onderskeidelik 9% en 7% uitmaak.”

Andre het bygevoeg dit is hartseer om te verneem die meerderheid van diegene wat by motorvoertuigongelukke betrokke is, mense tussen die ouderdomme van 21 en 35 jaar is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!