MVAF skenk mediese toerusting
Die Windhoek Sentrale Hospitaal het Vrydag mediese toerusting ter waarde van N$1,1 miljoen van die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) ontvang.
Die mediese toerusting sluit onder meer noodsaaklike mediese toerusting, ’n moderne diatermiemasjien, suigmasjien, pasiëntmonitors en binneaarsevoedingspompe in.
Die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, Ben Nangombe, het die toerusting namens die ministerie in ontvangs geneem en gesê die mediese toerusting sal in twee teaters by die hospitaal gebruik word.
Dit sal in die bestaande teater in die chirurgiese trauma-intensiewesorgeenheid (STICU) benut word met die doel om doeltreffende bestuur en behandeling van pasiënte wat kritieke sorg benodig, te verbeter.
“Die items is geïdentifiseer deur ’n samewerkende behoeftebepaling vir die bestaande teater by die STICU om ten volle funksioneel te wees terwyl twee bykomende teaters gevestig word.
“Hierdie mediese toerusting sal verseker dat pasiënte wat in die STICU vir kritieke sorg opgeneem word en wat chirurgie benodig, dit stiptelik sal ontvang sonder dat hulle na die hoofteater oorgeplaas hoef te word,” het hy gesê.
VENNOOTSKAP
Nangombe het bygevoeg dat die skenking ’n langdurige openbare-private-vennootskap is.
“Die ministerie van gesondheid het in die verlede met die MVAF en Namibië se Standard Bank saamgewerk in ’n N$12,6 miljoen-projek vir hospitaalinstandhouding.
“Die projek het die Katutura Intermediêre Hospitaal se noodeenheid opgeknap en verskeie opknappings by die Windhoek Sentrale Hospitaal se saal op die sewende verdieping gedoen,” het Nangobe verduidelik.
Die MVAF se bedryfshoof, Phillip Nghifitikeko, het gesê dat die skenking ooreenstem met hul doelwit om vennootskappe te benut en daarop voort te bou.
“Ons skep waarde deur betroubare vennote soos met die gesondheidsministerie. Dit het daartoe gelei dat ons saamwerk om hospitale te help opknap en dokters en verpleegsters op te lei,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie