’n Kwilt (en ’n koppie tee) vir kanker
Die Kokerboom Kwilters van Karasburg het ’n spogtee in samewerking die Kankervereniging van Namibië (CAN) op die dorp gehou in die lig van Borskankermaand wat jaarliks in Oktober gehou word. Die Suid-Afrikaanse sanger Johan Anker het by die geleentheid opgetree en ook saam gereis tydens die vereniging se onlangse mediese- en gemeenskapsuitreike in die Suide. ’n Bedrag van N$46 000 is tydens die spogtee sowel as ’n aanlyn veiling op WhatsApp ingesamel, met skenkings wat nog tot einde Oktober gemaak kan word. Die opbrengste sal aangewend word vir CAN se nuwe sentrum vir palliatiewe sorg wat in Januarie 2024 sy deure sal open. - [email protected]
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie