'n Veilige hawe vir vroue

Groot fokus op vroeë opsporing
Medical Imaging Women's Wellness Centre fokus op die voorsiening van mediese skanderings in 'n private en rustige atmosfeer.
Rita Kakelo
‘n Veilige en rustige omgewing met ‘n private en ondersteunende atmosfeer waar elke vrou ongeag haar agtergrond regverdig en met respek behandel word. In ‘n neutedop is dit die Medical Imaging Women’s Wellness Centre in Heliodoorstraat 17 in Windhoek wat verlede week amptelik haar deure vir vroue oopgegooi het wat vir skanderings moet gaan. Die sentrum fokus op die voorsiening van mediese skanderings veral vir vroue wat asimptomaties is en geen vroeë tekens van siekte toon nie. Die doel is om potensiële kwessies vroeg op te spoor en behandeling te bied voordat dit kwaadaardig word. Volgens Twanette-Ann Snyder, ‘n diagnostiese radiografis by Medical Imaging Namibië, speel mediese skandering ‘n noodsaaklike rol in vroeë opsporing wat beduidend die kanse van suksesvolle behandeling verhoog.

“Ons het ‘n beduidende agterstand in die staatsektor bespeur vir mammogramme, ‘n noodsaaklike hulpmiddel in vroue se gesondheidsorg en wat x-straalbeelde van die bors behels,” het Snyder gesê.

As deel van Medical Imaging Namibia se maatskaplike uitreikingsprogram bied dit in Oktober deur die AB May-kankersorgsentrum 100 gratis borskanker-skanderings vir vroue aan.

Volgens dr. Ryan Volker pas die Women’s Wellness-sentrum ‘n streng beleid van geen kinders of mans toe. Dit help om, ten spyte van die ongemak van die proses, ‘n veilige en rustige omgewing vir vroue te skep wat skanderings ondergaan. Dit verseker ook ‘n meer private en ondersteunende atmosfeer vir vroue tydens wat as ‘n sensitiewe ervaring kan wees. Volker het ook beklemtoon dit skep ‘n ruimte vir vroue om ongeag van hul agtergrond regverdig en met respek behandel te word.

Namibië se presidentsvrou, Sustjie Mbumba, was een van die eerste vrou wat by die nuwe sentrum ‘n skandering ontvang het. Sy was vol lof vir haar ervaring en die professionaliteit en warmte van die personeel.

"Ek was so beïndruk, veral omdat my vorige ervarings nie so gemaklik en sag soos hierdie een was nie,” het sy gesê. Die sentrum aanvaar vroulike pasiënte met ‘n voorskrif of verwysing van hul algemene praktisyn. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!