N$4 vir kliniek, N$8 vir hospitaal
Universele gesondheidsdekking fokus op primêre gesondheidsorg
Die gesondheidsminister sê meer mannekrag gaan gewerf en baie meer mediese toerusting vir diagnoses sal verkry word om te verseker dat inwoners gehaltedienste betyds ontvang.
Die kabinet het die beleid vir universele gesondheidsdekking (UHC) vir Namibië goedgekeur.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sal dit ’n aanvraag na menslike hulpbronne en finansiering skep. Shangula het beklemtoon dat UHC nie gratis sal wees nie.
’n Minimale tarief sal gehef word sodat inwoners nie hul kosgeld aan gesondheidsdienste bestee nie.
Hy het verwys na die wysigingswet op hospitale en gesondheidsgeriewe wat bepaal dat uitreik-mediese, sowel as voorkomende dienste soos voorgeboorte en immuniseringsdienste by ’n kliniek gratis is.
Behandeling by ’n kliniek is volgens die wet N$4 en by ’n hospitaal N$8.
Shangula het beklemtoon dat die beleid stappe uiteensit wat nodig is om die vooruitgang te versnel wat nodig is om die doelwitte te bereik. Laasgenoemde word gerig deur die nasionale konsensus wat ingesamel is deur konsultasieprosesse wat die ontwikkeling van die beleid voorafgegaan het.
“Die basiese element van UHC is primêre gesondheidsorg. Namibië het beduidende vooruitgang gemaak met die verskaffing van gehalte- en toeganklike gesondheids- en maatskaplike dienste aan sy inwoners.
“Gebaseer op die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se indeks in 2021 vir universele gesondheidsdekking, het die land ’n indeks van diensdekking van 61% behaal.
“Dit is ’n beduidende verbetering vergeleke met die 39% in 2000,” het Shangula gesê.
Hy het bygevoeg dat die kabinet ook ’n interministeriële komitee gestig het om die modaliteite vir die implementering van die beleid uit te werk, insluitend die verkryging van finansiering en personeel.
“Die finansiering is nog nie deur die ministeriële komitee hanteer nie. UHC is om te verseker dat mense nie finansieel swaarkry nie, dit is bloot om die oorblywende 30% aan te vul. Dit is nie iets nuut in vergelyking met wat ons vandag sien nie,” het Shangula verduidelik.
Hy het ’n voorbeeld genoem van ’n persoon wat in ’n nedersetting woon en ’n kliniek besoek waar hy gevra word om N$4 te betaal.
“Dit is iets wat die meerderheid Namibiërs kan bekostig. Ons weet byvoorbeeld mense is bereid om vir die dienste te betaal.
“Jy gaan nie nodig hê om ’n paar uur daar deur te bring voordat jy gesien word nie. Al die dienste wat jy nodig het, sal daar wees,” sê Shangula.
Volgens hom sluit dit voor- en nageboortedienste en chirurgie in.
“Basies sal dit op ’n verbeterde basis wees. Ons gaan nou aandag gee aan die waglyste. Ons gaan meer mannekrag werf en baie meer mediese toerusting vir diagnoses verkry om te verseker jy ontvang gehaltedienste betyds,” het die minister gesê.
Namibië se gesondheidstelsel ná die Covid-19-pandemie sal waarskynlik die land op koers plaas vir ’n universele gesondheidsorgstelsel, gegewe die ruim beleggings in reaksie tot die pandemie.
’n Voorbeeld is die aantal isolasiebeddens wat in ses maande van vier tot meer as 1 200 beddens vir matige Covid-19-gevalle gestyg het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie