Namaf gelooi oor kommunikasie

Behoefte aan oop en konstruktiewe dialoog
Sommige verskaffers van gesondheidsdienste is gefrustreerd omdat hulle met 'n reguleerder werk in plaas van direk met die fondse.
Jemimah Ndebele
Tydens ’n onlangse inligtingsessie was die Vereniging van Namibiese Mediese Fondse (Namaf) aan die ontvangkant van 'n stortvloed van kritiek van rolspelers in die gesondheidsbedryf oor verskeie kwessies wat die bedryf teister.

Die doel van die geleentheid was om duidelikheid te kry oor Namaf se struktuur, strategieë en regulerende rol wat die vereniging in die bevordering van die private mediesefondsbedryf speel.

Die besturende direkteur van Paramount Healthcare, Hein Venter, het sy frustrasie uitgespreek oor Namaf se besluit om sonder voldoende konsultasie 2023-tariewe te handhaaf. Hy het die behoefte aan oop en konstruktiewe dialoog tussen Namaf en die verskaffers van gesondheidsdienste beklemtoon en het die vereniging se eensydige benadering verwerp.

“Die kwessie van blaam is vererger weens die onvermoë, die ontoereikenheid en al die wankommunikasie wat sedert 28 November 2023 plaasgevind het.

“Bo en behalwe die 0%-verhoging, het die brief van November ’n verwagting geskep dat daar in die eerste kwartaal met verskaffers gekommunikeer sal word oor die resultate van mediese fondse verlede jaar en vanjaar in die eerste kwartaal,” het hy gesê.

“Wanneer ons beloftes maak, vra ek dat ons almal dit nakom, want uiteindelik is dit die lede en pasiënte wat ly as gevolg van die wanklank tussen gesondheidsorgverskaffers en mediese fondse,” het hy gesê.

Venter sê voorts: “Namaf het aangedui verskaffers wou die maksimum betaal word. Dit is nie waar nie. Verskaffers wil ’n regverdige fooi vir hul professionele dienste betaal word.”

Grace Nakalondo, ’n lid van die Pharmacist Care Vereniging van Namibië, het op haar beurt kommer uitgespreek oor fondse wat net ’n fraksie van die eise betaal wat ingedien word.

FRUSTRASIE

Die eienaar van Paramount Healthcare, Koos du Toit, het gewys op die frustrasie om met ’n reguleerder in plaas van direk met die fondse te werk.

“Daar is nêrens waar verskaffers van gesondheidsdienste kollektief kan ontmoet om iets met die fondse te bespreek nie. Hoewel dit sê Namaf is die vereniging vir mediese fondse, is dit nie ’n vereniging nie en verteenwoordig dit nie die fondse nie.

“Ek dink dit is waar daar ’n vlak van frustrasie en tekortkominge in die struktuur is. As ’n verskaffer wil jy met die fondse praat, maar op die ou einde praat jy met die reguleerder en dit is geskei. Totdat dit opgelos is, sal ons altyd ’n kommunikasiegaping hê,” het Du Toit gesê.

FORUM VIR VERSKAFFERS

In reaksie hierop het Uatavi Mbai, Namaf se woordvoerder, die versekering aan rolspelers gegee van die vereniging se verbintenis tot die verandering van sy kommunikasiepraktyke.

Mbai het pogings beklemtoon om ’n forum vir verskaffers van gesondheidsdienste te vestig en het verenigings aangemoedig om aktief deel te neem.

“Laat my toe om julle te verseker dat die ou Namaf sy weë verander in terme van hoe ons kommunikeer. Ons is ernstig oor hierdie kwessie,” het Mbai gesê en die behoefte erken vir beter kommunikasie met diensverskaffers.

Namaf se uitvoerende hoof, Stephen Tjiuoro, het die sentiment vir hervorming beaam en ’n beroep op die jonger generasie gedoen om dit te lei.

BEHOEFTE AAN BETER KOMMUNIKASIE

Die voormalige minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, het in ’n onderhoud met Network Media Hub, die behoefte aan verbeterde kommunikasie beklemtoon om oplossings vir alle partye te ontwikkel.

Hy het ook die ongelykheid in toegang tot gesondheidsorg uitgelig en die belangrikheid beklemtoon om gehalte-gesondheidsorg na die breër publiek uit te brei.

“Ons bestee twee tot drie ure om kwessies te bespreek wat net 15% van die bevolking raak. Vanuit my perspektief as ’n voormalige minister van gesondheid is my grootste kommer die 85% wat nie onmiddellike toegang tot gehalte-gesondheidstelsels het nie,” het hy gesê.

“Elkeen wat daar was, het maklike toegang tot CT- en MRI-skanderings en ander tegnologie. Daar is die ander groep wat ses maande wag omdat hulle nie die heupvervanging kan bekostig wat hulle dadelik moes kry nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-08-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 7 vs 59 Suzuki Griquas Premier League: Leicester City 1 vs 1 Tottenham Hotspur | Chelsea 0 vs 2 Manchester City | Brentford 2 vs 1 Crystal Palace LaLiga: Villarreal 2 vs 2 Atletico Madrid | Real Valladolid 1 vs 0 Espanyol | Mallorca 1 vs 1 Real Madrid | Real Sociedad 1 vs 2 Rayo Vallecano SerieA: Juventus 3 vs 0 Como | Lecce 0 vs 4 Atalanta | SS Lazio 3 vs 1 Venezia | Cagliari 0 vs 0 AS Roma | Hellas Verona 3 vs 0 Napoli | Bologna 1 vs 1 Udinese European Championships Qualifying: Sunderland 4 vs 0 Sheffield Wednesday English Championship: Sunderland 4 vs 0 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 11° | 32° Eenhana: 13° | 34° Oshakati: 14° | 33° Ruacana: 13° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 11° | 28° Henties Bay: 12° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:21, High tide: 04:28, Low Tide: 22:50, High tide: 16:48 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:19, High tide: 04:26, Low Tide: 22:48, High tide: 16:46 Walvis Bay: 13° | 25° Wind speed: 40km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:19, High tide: 04:25, Low Tide: 22:48, High tide: 16:45 Rehoboth: 8° | 28° Mariental: 10° | 30° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 10° | 30° Lüderitz: 13° | 30° Ariamsvlei: 7° | 25° Oranjemund: 10° | 33° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 7° | 17° Maseru: 6° | 22° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 17° | 24° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 8° | 18° Durban: 15° | 20° Johannesburg: 13° | 25° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 15° | 29° Harare: 12° | 28° #N/A #N/A