No Image Caption

Namaf ‘pers diensverskaffers af’

Direkte, negatiewe impak op lede
Dit is die plig van die registrateur om te verseker alle reëls voldoen aan die wet en regulasies van die wet vir mediese fondse.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die registrateur van mediese fondse in Namibië mag nie reëls goedkeur wat ’n beperking op betalings aan lede van mediese fondse plaas nie.

Die beperking volg op ’n kennisgewing van die Vereniging van Namibiese Mediese Fondse (Namaf) aan gesondheidsdiensverskaffers in die private gesondheidsbedryf dat mediese fondse direkte eise namens pasiënte gaan weier, sou hulle nie die ICD-10-koderingstelsel gebruik nie.

Die Namibië Private Praktisynsforum (NPPF) het in ’n verklaring Namaf en die fondse se “afpersing en afperstaktiek” verwerp en sê dit is “betreurenswaardig” dat die registrateur van mediese fondse dit moontlik gemaak het.

Die NPPF het by monde van sy uitvoerende hoof, dr. Jurgen Hoffmann, gesê dit is die plig van die registrateur om te verseker alle reëls voldoen aan die wet en regulasies van die wet vir mediese fondse.

“Die nuut opgelegde beperking voldoen nie aan die regulasies van die wet nie.”

Hoffmann het beklemtoon dat Namaf sedert sy ontstaan voortgaan om sy statutêre mandaat te ignoreer om mediese fondse te reguleer. Die vereniging het ook steeds nie gedragsreëls opgestel waarvolgens mediese fondse gereguleer moet word nie.

“In plaas daarvan gaan Namaf voort om die diensverskaffers van gesondheidsorg te belas met nimmereindigende vereistes wat op ’n onwettige manier op hulle afgedwing word.”

Hoffman sê die NPPF hoop die registrateur waardeer dat die onwettige beperking op betalings deur mediese fondse ’n direkte en negatiewe impak op lede van mediese fondse het.

Volgens hom dwing Namaf se onwettige optrede diensverskaffers deur afpersing om koste aan te gaan en dienste gratis te verskaf.

Die ICD-10-koderingstelsel is ’n gestandaardiseerde stelsel wat deur sommige regerings gebruik word om data oor siektes en mediese toestande te kodeer. Aangesien die data net waardevol vir regerings en opstellers van beleidsrigtings vir gesondheidsorg is, ondersteun en vergoed lande wat die stelsel gebruik diensverskaffers in die private gesondheidsektor om die regering en ook beleidsmakers te help.

In Namibië is dit egter nié die geval nie en moet die koste van opleiding en die voortgesette insameling en voorlegging van data – wat ’n beduidende bykomende administratiewe las is – volgens Hoffmann deur die diensverskaffers in die private gesondheidsektor gedra word.

“Omdat Namaf nie die statutêre magte het om diensverskaffers te dwing om hierdie stelsel te gebruik nie, het dit nou na mediese fondse gedraai om hul reëls te wysig dat geen betaling aan enige verskaffer gemaak sal word wat nie die ICD-10-koderingstelsel gebruik nie,” het Hoffmann gesê.

Hy verwys ook na Namaf se bestuur wat bestaan uit mediese fondse en daarom “geensins verskillend van Namaf self is nie”.

Volgens Hoffmann het die registrateur van mediese fondse en die uitvoerende hoof van die toesighoudende owerheid vir finansiële instellings in Namibië (Namfisa) glo reeds wysiging vir al die fondse se reëls goedgekeur om verskaffers sodoende te dwing om die ICD-10-koderingstelsel te gebruik.

Die NPPF het die registrateur “gesmeek” om die wet toe te pas en om al die nodige stappe te doen om te verseker dat die wysiging van die reëls om die koderingstelsel op diensverskaffers af te dwing, sonder oponthoud herroep word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.45 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.82 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.51 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 586.91/OZ UP +1.07% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.82% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.90/BBP UP +2.60% | Platinum US$ 984.26/OZ UP +1.72% Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.45 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.82 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.51 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 586.91/OZ UP +1.07% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.82% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.90/BBP UP +2.60% | Platinum US$ 984.26/OZ UP +1.72%