Namfisa: Geen gelyke bydraes
Verreikende, langtermyngevolge
Nammed het tydens die appèlproses die implikasies uitgelig vir werknemersgroepe wat beter risikoprofiele en algehele positiewe finansiële bydraes tot mediese fondse het.
Henriette Lamprecht - Die appèlraad van die Namibiese toesighoudende owerheid vir finansiële instellings (Namfisa) het ’n opdrag aan mediese fondse dat gelyke bydraes aan alle lede binne dieselfde ouderdomsgroep en plan ingestel moet word – ongeag uiteenlopende risikoprofiele tussen werknemersgroepe en individue – in sy geheel ter syde gestel.
Die besluit ten gunste van Nammed, volg nadat dié mediese fonds appél aangeteken het oor die verreikende en langtermyngevolge wat dit onder meer op die bekostigbaarheid van gesondheidsorg sou inhou.
Die opdrag is in Junie 2020 deur Namfisa se uitvoerende hoof en registrateur van mediese fondse gegee.
Volgens die appèlraad se bevindinge het Nammed uitgebreide en gedetailleerde getuienis gelewer om sy standpunt te ondersteun wat onbestrede voor die raad bly. Die raad het ook bevind die mediese fonds het ’n duidelike en oortuigende argument ter ondersteuning van die tersydestelling van die bevel tydens die appèlproses gelewer.
Die fonds het by monde van sy hoofbeampte, Gert Grobler gesê, hoewel Nammed die doelwit ondersteun om die gesondheidstelsel te verbeter, die implementering van die bevel verreikende en langtermyngevolge nie net vir die fonds en sy lede nie, maar ook vir die hele bedryf sou inhou. Die groot kommer was die impak daarvan op werkgewersgroepe, asook die ongelyke las en kommer oor bekostigbaarheid.
Volgens hom het Nammed – die enigste mediese fonds wat die besluit uitgedaag het – deur die hele proses die implikasies uitgelig vir werknemersgroepe wat beter risikoprofiele en algehele positiewe finansiële bydraes tot mediese fondse het.
“Die fonds het beklemtoon die voorgestelde veranderinge gaan dié groepe onregverdig en ongelyk finansieel belas en wat tot beduidende verhogings in bydraes gaan lei, sommige so hoog as 37%,” sê Grobler.
Volgens hom sou dié verhogings verder finansiële uitdagings laat toeneem wat reeds deur baie werkgewers ervaar word wat tot hul werknemers se mediese fonds bydra asook dié werknemers self.
Ook sal sekere werkgewersgroepe gedwing word om hul gesondheidsvoordele af te skaal of heeltemal van hul mediese fonds onttrek wat uiteindelik werknemers en hul families kwesbaar en onbeskermd laat.
“Die onttrekking van werkgewersgroepe sal die impak van die finansiële stabiliteit van mediese fondse beïnvloed. Dit lei weer tot verdere verhogings in bydraes en of afgewaterde voordele wat die uitdagings net verder verhoog.”
Die onttrekking van bogenoemde groepe sou volgens Grobler uitgerekte negatiewe implikasies vir alle betrokkenes inhou, insluitend die groepe sowel as individue wat nie deel is van so ’n groep nie.
“Nammed bly verbind tot sy toewyding om met rolspelers en owerhede in die bedryf saam te werk vir ’n gesondheidsorgstelsel wat klem lê op toeganklikheid en bekostigbaarheid, sowel as die holistiese welstand van alle Namibiërs.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie