Namfisa kan nie sê oor Bankmed
Wel bewus van huidige, toekomstige bedrywighede
Die toesighoudende owerheid vir finansiële instellings in Namibië sê sy omsigtige toesighouding van mediese fondse voorkom nie noodwendig die likwidasie of vrywillige ontbinding daarvan nie.
Henriette Lamprecht – Die toesighoudende owerheid vir finansiële instellings in Namibië (Namfisa) mag geen inligting bekend maak oor sake wat met die stand van ’n mediese fonds verband hou nie. Namfisa kan dus nie enige kommentaar lewer oor die solvensie van Bankmed Namibia nie. Die owerheid het gereageer op vrae oor die mediese fonds wat homself vrywillig laat likwideer en glo bankrot is en waarom daar nie vroeër opgetree is toe gesien is die fonds vaar reeds vir jare in stormwaters nie.
Die rede vir die stilswye word aangevoer as afdeling 30 van die Namfisa-wet wat sê geen inligting mag hieroor bekend gemaak word nie. Namfisa erken wel dit is “bewus en op datum van die huidige en toekomstige bedrywighede van Bankmed” en hoewel hy geen inligting hieroor gaan bekend maak nie, die fonds opdrag gegee is om ’n kommunikasiestrategie te implementeer om lede ten minste hieroor in te lig. Met verwysing na Bankmed se reserwekoers wat einde Maart op 10% gestaan het en vir ’n paar jaar reeds onder die vereiste vlak van 25% was, sê Namfisa laasgenoemde is nie ’n regsvereiste nie, maar ’n “omsigtigheidsriglyn” vir die mediesefondsbedryf. Die minimum voorgestelde reserwevlak van 25% word bepaal deur die fonds se reserwes (opgehoopte fondse) te deel deur die jaarlikse bydraes wat ontvang is.
Namfisa het beklemtoon sy omsigtige toesighouding van mediese fondse voorkom nie noodwendig die likwidasie of vrywillige ontbinding daarvan nie. Dit “verminder bloot die waarskynlikheid daarvan”, aangesien ander onvoorsiene faktore ook die sake van ’n fonds negatief kan beïnvloed.
In terme van die wet op mediese fondse hou Namfisa toesig oor mediese fondse. Dit behels “kragtige moniterings- en afdwingbare meganismes” wat die owerheid in staat stel om “proaktief potensiële kwessies in die mediesefondsbedryf te identifiseer en te takel”. Laasgenoemde sluit gereelde ter plaatse inspeksies, risikobepalings en die neem van gepaste afdwingbare optrede in wanneer nodig.
Oor Bankmed se besluit om die fonds te laat ontbind, verwys Namfisa na afdeling 38 van die wet op mediese fondse wat die vrywillige likwidasie van mediese fondse bestuur.
“Indien die bestuursreëls van ’n geregistreerde mediese fonds voorsiening maak vir die ontbinding of beëindiging van die fonds, moet die fonds ooreenkomstig met die betrokke reëls gelikwideer en sy bates ooreenkomstig verdeel word,” aldus die bepalings van artikel 38 van die betrokke wet.
Dié reëls bestuur die bedrywighede en bestuur van ’n mediese fonds deur die trustees.
’n Persoon wat goedgekeur is deur die registrateur (Namfisa) word gevolglik as likwidateur en volgens die bestuursreëls aangestel. Die likwidasieproses begin op die datum van goedkeuring.
Volgens Namfisa kanselleer die registrateur die registrasie van die fonds wanneer die registrateur tevrede is dat die likwidasierekeninge reg en die likwidasie afgehandel is.
Dié proses kan sowat sewe maande duur en is onderhewig aan die indien van al die vereiste dokumentasie en die oorweging daarvan.
“Die tydperk sluit die tyd in waartydens die voorlopige likwidasierekeninge oop is vir inspeksie, asook die tyd waarin enige besware teen die rekeninge geopper en oorweeg kan word,” sê Namfisa.
Die implementering van die wet op finansiële instellings en markte (Fima) sal volgens die owerheid help om markdoeltreffendheid en die implementering van ’n risikogebaseerde toesighoudende benadering te verbeter.
Onder Fima sal risikogebaseerde kapitaal afgedwing word wat in werklikheid beteken mediese fondse sal vereis word om kapitaal te hou wat ooreenstem met die fonds se risikoprofiel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie