Foto ter illustrasie/Argief
Foto ter illustrasie/Argief

Namibië betaal minder vir TB-medisyne

Elfde hoogste land uit 30 lande wêreldwyd
Namibië het verlede jaar sowat 9 200 pasiënte met tuberkulose aangemeld – 'n toename vanaf die 8 604 gevalle in 2022, wat 'n styging van 6,9% weerspieël.
Henriette Lamprecht
Namibië trek voordeel uit ’n ooreenkoms wat bereik is tussen Suid-Afrika se Mededingingskommissie en die farmaseutiese reus Johnson & Johnson (J&J), tesame met sy filiaal Janssen Pharmaceuticals, waarvolgens J&J nie sy patent vir Bedaquiline, ’n sleutelmedikasie vir tuberkulose (TB) in 134 lae- en middelinkomstelande sal afdwing nie.

Namibië het verlede jaar sowat 9 200 pasiënte met TB aangemeld – ’n toename vanaf die 8 604 gevalle in 2022, wat ’n styging van 6,9% weerspieël.

Met ’n jaarlikse voorkomssyfer van 450 gevalle per 100 000 bevolking, is die land tans gelys as die 11de hoogste land uit 30 lande wêreldwyd in terme van die TB-voorkomskoers.

Soos in die res van suidelike Afrika word dit grootliks toegeskryf aan sosioëkonomiese uitdagings, sowel as die relatief hoë voorkoms van MIV.

Namibië gebruik reeds die medikasie in kombinasiebehandelings vir middelweerstandige vorme van TB sedert 2016. Die land se riglyne is in ooreenstemming met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se voorstelle en soortgelyk aan diè van Suid-Afrika.

Volgens die ooreenkoms sal J&J ook die prys wat hy die buurland se gesondheidsdepartement vir die middel vra met 40% verlaag. Deur nie die patent af te dwing nie, sal J&J die mark oopmaak vir generiese verskaffers wat na verwagting die prys van die middel nog verder sal verlaag.

Die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, Ben Nangombe, sê Suid-Afrika is een van die grootste markte vir Bedaquiline en die buurland se gesondheidsdepartement het beduidende bedingingsmag om saam met kampvegters oor pryse te onderhandel.

“Ons trek stroomaf voordeel uit die onlangse ooreenkoms deur die medikasie teen laer pryse te koop.

“Dit is óf wanneer Johnson & Johnson en Janssen hul pryse verlaag soos nou, óf wanneer nuwer vervaardigers die mark betree as gevolg van die mededinging weens die verslapte patentvoorwaardes,” het Nangombe verduidelik.

In die geval van enige ander nuwe TB-medikasie of -entstowwe, trek Namibië volgens hom voordeel uit tegniese voordele van die WHO, evaluering deur die ministerie se nasionale program vir TB en melaatsheid asook plaaslike keuring deur die Namibiese Medisynebeheerraad.

“Dis om te verseker dat die bekendstelling van nuwe produkte beide geregverdig en veilig vir die Namibiese publiek is,” het Nangombe gesê.

Tans en buiten navorsing is die enigste entstof wat internasionaal vir TB voorgestel word, Bacillus Calmette-Guerin (BCG) wat reeds aan pasgebore babas in Namibië gegee word en reeds vir sowat 100 jaar in gebruik is.

“Die entstof voorkom dat kinders aan ernstige komplikasies weens TB ly, maar is ongelukkig nie doeltreffend genoeg om die siekte te voorkom nie.”

TB teiken hoofsaaklik mense met verminderde weerstand soos jong kinders of mense wat met MIV saamleef, diegene met sekere toestande soos wanvoeding, diabetes en silikose, sowel as diegene wat rook of dwelmversteurings het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 14° | 37° Eenhana: 14° | 36° Oshakati: 14° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 10° | 15° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:31, High tide: 13:01, Low Tide: 19:03, High tide: 01:21 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:59, Low Tide: 19:01, High tide: 01:19 Walvis Bay: 10° | 18° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:58, Low Tide: 19:01, High tide: 01:18 Rehoboth: 12° | 30° Mariental: 12° | 31° Keetmanshoop: 11° | 29° Aranos: 13° | 31° Lüderitz: 10° | 22° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 8° | 17° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 14° | 30° Lubumbashi: 15° | 34° Mbabane: 14° | 26° Maseru: 8° | 26° Antananarivo: 11° | 26° Lilongwe: 19° | 29° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 15° Durban: 16° | 23° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 31° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.9 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13906.42 Up +0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9624.48 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.57/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 14° | 37° Eenhana: 14° | 36° Oshakati: 14° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 10° | 15° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:31, High tide: 13:01, Low Tide: 19:03, High tide: 01:21 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:59, Low Tide: 19:01, High tide: 01:19 Walvis Bay: 10° | 18° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:58, Low Tide: 19:01, High tide: 01:18 Rehoboth: 12° | 30° Mariental: 12° | 31° Keetmanshoop: 11° | 29° Aranos: 13° | 31° Lüderitz: 10° | 22° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 8° | 17° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 14° | 30° Lubumbashi: 15° | 34° Mbabane: 14° | 26° Maseru: 8° | 26° Antananarivo: 11° | 26° Lilongwe: 19° | 29° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 15° Durban: 16° | 23° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 31° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.9 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13906.42 Up +0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9624.48 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.57/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007