Namibië gasheer van hartberaad

Vind op 8 en 9 September plaas
Sprekers tydens die kongres is almal kundiges in hul betrokke veld en sluit kundiges van Afrika sowel as die res van die wêreld in.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Namibië is vandeesmaand die gasheer van die vierde Afrika Hart Netwerk (AHN)-beraad.

Die beraad vind op 8 en 9 September by die Safari Court Hotel en Konferensiesentrum plaas onder die vaandel van Strategieë om die las van kardiovaskulêre siektes in Afrika te verminder.

Die Namibiese Hartstigting (NHF) en die Hart en Beroerte Stigting Suid-Afrika (HSFSA) speel gasheer vir dié internasionale beraad wat ook virtueel aangebied word. Die doel is onder meer om die ontmoeting tussen AHN-raads- en algemene lede te gebruik om die las van kardiovaskulêre siekte (SCD) op die vasteland te verminder.

Deelnemers sluit nie net kardioloë in nie, maar ook afgevaardigdes oor die hele spektrum in beide private en openbare gesondheidsorg. Vanjaar se kongres plaas die AHN as ’n sleutelspeler in die CVD-ruimte om die fokus te plaas op opsporing, behandeling en versorging, asook onderrig en die deel van kennis en ervaring.

Sprekers tydens die kongres is almal kundiges in hul betrokke veld en sluit kundiges van Afrika sowel as die res van die wêreld in.

Prof. Pamela Naidoo van Suid-Afrika, president van AHN, sal die verwelkoming behartig, terwyl die sleutelspreker die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is.

Die stigter van die Namibiese Hartstigting, mnr. Gerhard de Koe, sal ook as plaaslike spreker oor die stigting gesels.

Die kongres word in samewerking met die Capricorn Stigting en Pharma Dynamics (SA) aangebied.

“As ’n trotse Namibiese streek-finansiële groep, het ons ten doel om positiewe verandering in al die streke te maak, waar ons sake doen. Dit beteken ons glo werklik daarin om ’n positiewe verandering in ons gemeenskappe te bring,” sê me. Marlize Horn, uitvoerende hoof van korporatiewe sake en uitvoerende hoof van die Capricorn Stigting.

“Deur die AHN-beraad en algemene vergadering in Namibië te ondersteun, is een manier wat ons aanboord kan kom en bewustheid van hartsiektes en beroertes in ons gemeenskappe kan skep om meer suksesverhale te verseker,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!