Vyftig Namibiërs het onlangs hul grade in tandheelkunde in Kuba verwerf. Foto verskaf
Vyftig Namibiërs het onlangs hul grade in tandheelkunde in Kuba verwerf. Foto verskaf

Namibiërs kwalifiseer as tandartse in Kuba

‘Gereed om te dien’
Tuyeimo Haidula
Vyftig Namibiese tandartse, wat op 28 Julie gegradueer het, het hul dankbaarheid teenoor die Namibiese regering uitgespreek vir die finansiering van hul studies in Kuba oor die afgelope ses jaar.

Die studente het hul grade aan ‘n universiteit in die Kubaanse hoofstad, Havana, verwerf met die steun van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, wat hul onderrig, verblyf en verwante lewenskoste – insluitend maandelikse toelaes en mediese versekering – gedek het.

Die graduandi het Namibië in 2016 verlaat om hul nagraadse kursus van ses jaar te begin.

In ‘n eksklusiewe onderhoud met ons susterkoerant Namibian Sun het me. Phiina Mwandingi, die studentewoordvoerder, namens die groep gesê toe hulle in die somer van 2016 in Havana aangekom het, was die idee van ‘n gradeplegtigheid nog net ’n wasige toekomsdroom.

“Die aand wat ons aangekom het, was ongelooflik warm, dit was drukkend en daar was ‘n duidelike tropiese geur. Ons het dit toe nie geweet nie, maar ons sou daaraan gewoond raak. Destyds het dit egter vreesaanjaend gevoel. Die mense om ons het ‘n vreemde taal gepraat, so ons het met gebare gekommunikeer. Dit het die vrees erger gemaak,” het Mwandingi gesê.

OOP DEURE

“Na jare van uitdagings en beproewings, versoekings en teëspoed, stryd, pyn, goeie tye en slegte, en wonderlike vriendskappe wat met mekaar as Namibiërs sowel as met die Kubaanse mense gevorm is, keer ons nou as opgeleide tandartse terug na die Land van die Dapperes, gereed om te dien,” het sy bygevoeg.

Die groep het hul “innige dankbaarheid” teenoor die Namibiese regering – en veral die ministerie van gesondheid – uitgespreek vir hul ondersteuning.

“’n Spesiale dankie aan die Namibiese regering en die ministerie van gesondheid, veral al die amptenare wat onvermoeid gewerk het om ons welstand op die eiland te verseker. Julle het baie op jul skouers gehad en alhoewel die verhouding sy op- en afdraandes gehad het, het julle by jul woord gehou en jul kant gebring met hierdie ongelooflike geleentheid wat ons gegun is. Ons is opreg dankbaar.”

Mwandingi het gesê die Namibiese ambassade in Kuba was altyd gereed om na die studente te luister en hulle by te staan. Sy het gesê dié oopdeurbeleid het hul verblyf in die land vergemaklik.

REG OM TE DIEN

Midde Namibië se voortdurende stryd met ‘n tekort aan gesondheidsorgwerkers landswyd, sê die graduandi hulle is gereed om hul landgenote te dien.

“Aan die Namibiese mense; ons is gereed om julle te dien. Ons is bewus van die vooropgestelde idees rakende mediese praktisyns wat in die buiteland opgelei is, maar ons is deur die gesondheidsministerie gestuur om in die buiteland te studeer, en hulle glo ons het al die nodige vaardighede geleer om te help om ons gesondheidsorgstelsel te verbeter,” het Mwandingi gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!