Monkeypox
Monkeypox

‘Nie nodig om paniekerig te raak oor a-pokke’

Ellanie Smit
Alhoewel geen gevalle van die nuwe stam van die a-pokke (voorheen aappokke) tot op hede in Namibië aangeteken is nie, het die toerismebedryf reeds kansellasies deur toeriste opgemerk.

Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, het onlangs beklemtoon dat Namibië veilig is vir voornemende reisigers om te besoek.

“Dit is glad nie nodig om paniekerig te raak nie.”

Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, het gesê dit is belangrik dat Namibië as ’n land op hoogte bly van verwikkelinge en om nie misleidende inligting te duld nie.

“Die bevolking moet ingelig word oor die feite van die siekte en hoe dit versprei word, asook hoe ’n mens jouself daarteen kan beskerm. Owerhede het reeds stappe gedoen om opgeskerpte gesondheidsondersoeke by sekere grensposte in te stel,” het Paetzold gesê.

Namibiese vragmotorbestuurders en reisigers wat beplan om geraakte lande te besoek, is wel aangeraai om ingeënt te word.

INTERNASIONALE KOMMER

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het op 14 Augustus vir die tweede keer in twee jaar a-pokke tot ’n openbare gesondheidsnoodgeval van internasionale belang verklaar, sy hoogste vlak van waarskuwing.

Dit is gevolg deur die Afrika-sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (Africa CDC) wat op 13 Augustus sy eie openbare gesondheidsnoodgeval oor die uitbreking verklaar het.

Dit is aangespoor deur die nuwe variant (Clade Ib) wat in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) ontstaan het en die gepaardgaande verspreiding daarvan na buurlande.

Die uitvoerende direkteur van gesondheid, Ben Nangombe, het gesê dié verklarings volg op ’n merkbare toename in a-pokke-gevalle wêreldwyd, wat gekoördineerde reaksies op openbare gesondheid regverdig.

Nangombe het gesê dat die toenemende aantal gevalle in Afrika, veral in lande wat voorheen minimale infeksies aangemeld het, die Africa CDC aangemoedig het om die verklaring uit te reik.

“In Namibië het ons toesigstelsel tot dusver geen vermeende of bevestigde gevalle van a-pokke geïdentifiseer nie. Hierdie verklarings beklemtoon egter die noodsaaklikheid om ons openbare gesondheidsmaatreëls vir paraatheid, gereedheid en reaksie te versterk.”

Nangombe het lede van die publiek versoek om kalm te bly en hulle daarvan te weerhou om vals inligting oor a-pokke te versprei.

24 GEVALLE IN SUID-AFRIKA

Die Walvisbaai-korridorgroep (WBCG) het gesê dat die uitbreking nader aan Namibië se handelsvennote binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingstreek (SADC)-streek kom met gevalle wat in die DRK en Suid-Afrika aangemeld is.

“Ons doen dus ’n beroep op alle belanghebbendes om op hoë waaksaamheid en uiters versigtig te wees, terwyl hulle ook aan die voorgeskrewe veiligheidsprotokol voldoen.

“Ons doen ’n beroep op ons belanghebbendes om kalm te bly en nie paniekerig te raak nie terwyl ons deur hierdie uitbreking navigeer,” het die WBCG se uitvoerende hoof, Mbahupu Tjivikua, gesê.

Die WBCG, in samewerking met SADC-lande, het oorgrens-welstandklinieke langs al die sleutelkorridors wat met buurlande verbind is, opgerig.

Die SADC Business Coucil Tourism Alliance het dit ook duidelik gemaak dat Suider-Afrika steeds ’n veilige toeristebestemming is.

“Dit is van belang om te verstaan ​​dat die risiko vir reisigers in Suider-Afrika laag bly. Ons lidlande implementeer sterk maatreëls om enige potensiële verspreiding van die virus te bestuur en te versag,” het die voorsitter van die alliansie, Tshifhiwa Tshivengwa, gesê.

In Suid-Afrika is tot dusver 24 gevalle van a-pokke aangemeld, wat hoofsaaklik mense raak wat fisieke kontak gehad het met ’n persoon wat die virale infeksie het. Die land het verbeterde toesig en protokolle vir kontakopsporing geïmplementeer.

Intussen het Botswana sy protokolle by hawens en lughawens opgeskerp wat proaktiewe maatreëls toon om die verspreiding van die virus te voorkom.

Angola het geen gevalle van a-pokke geregistreer nie, maar het sy grensbeheer met die DRK en die Republiek die Kongo versterk.

“Mosambiek, Namibië, Zimbabwe, Zambië, Malawi het nie a-pokke-gevalle aangemeld nie, maar het maatreëls verskerp,” het die alliansie gesê.

SIEKTE EN SIMPTOME

A-pokke is ’n aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur ’n virus wat aan mense oorgedra word deur besmette diere, maar dit kan ook van mens tot mens oorgedra word deur noue fisieke kontak.

Sedert Januarie 2022 het altesaam 15 lande in Afrika uitbrekings van a-pokke aangemeld. In die afgelope sewe maande (Januarie tot Julie 2024) is ’n totaal van 14 250 bevestigde gevalle en 456 sterftes, met ’n gevallesterftesyfer (CFR) van 3,2% aangemeld, vergeleke met 1 145 gevalle en sewe sterfgevalle gedurende 2023. Die DRK is verantwoordelik vir meer as 90% van die aangemelde gevalle.

Simptome sluit in koors, erge hoofpyn, geswelde limfkliere, spierpyne en ’n uitslag wat ’n paar dae ná die aanvang van simptome verskyn en mettertyd in blase en rowe verander.

Die uitslag is geneig om op die gesig, die palms van die hande en voetsole voor te kom. Die mond, geslagsdele en oë kan ook aangetas word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.34 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.91 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.28 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.92 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 535.55/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 850.80/T UP 2.34% | Brent Crude Oil US$ 71.91/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 960.56/OZ UP +0.69% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.34 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.91 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.28 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.92 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 535.55/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 850.80/T UP 2.34% | Brent Crude Oil US$ 71.91/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 960.56/OZ UP +0.69%