NIP verseker toegang tot kritieke inligting
Die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) het suksesvol die program Meditech Expanse geïmplementeer in ’n beduidende stap om die voorsiening van gesondheidsorg in Namibië te verbeter.
Die mylpyl onderstreep NIP se verbintenis tot die gebruik van innoverende tegnologie om pasiëntesorg en bedryfsdoeltreffendheid te verbeter. Deur ’n verenigde Laboratorium Inligtingstelsel (LIS) te gebruik, is NIP se doel om die akkuraatheid van data te verhoog, die uitruil van inligting foutloos te fasiliteer en verskaffers van gesondheidsdienste regstreekse toegang tot kritieke inligting van pasiënte te gee.
“Ons is baie bly om in ’n vennootskap met NIP te tree in hul reis na digitale transformasie,” sê Meditech Suid-Afrika se besturende direkteur, dr. Sushanth Pillai.
Volgens Pillai is Meditech Expanse ontwerp om gesondheidsorg-instellings met innoverende oplossings te bemagtig wat laboratorium-uitkomste verhoog, bedryfsdoeltreffendheid verbeter en uiteindelik die standaard van sorg vir pasiënte ’n hupstoot te gee,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie