Nuwe ambulans vir Osire
Mediese toerusting, medikasie
Die nuwe ambulans sal nie net noodgevalle op Osire hanteer nie, maar ook op nabygeleë plase en in veral in gevalle van motorongelukke, kraamgevalle en slangbyte.
Die Osire-vlugtelingkamp spog buiten vir ’n nuwe ambulans ook met ’n Covid-19-isolasiesentrum.
Dit is die naweek saam met mediese toerusting en medikasie amptelik deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, aan die Verenigde Nasies se hoë kommissaris vir vlugtelinge (UNHCR) oorhandig.
Die vlugtelingkamp is in 1992 gevestig en huisves asielsoekers meestal van Angola, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), Rwanda en Somalië.
Hoewel die kliniek verpleegsters, maatskaplike werkers sowel as ’n aptekersassistent in diens het, het dit nie ’n dokter nie. Die gevolg is dat pasiënte dikwels na die staatshospitaal op Otjiwarongo verwys word, met gemiddeld drie tot vier keer per dag wat hulle heen en weer vervoer moet word. Laasgenoemde sluit nood- en kraamgevalle uit.
Een ambulans bedien tans die kliniek wat die UNHCR reeds in 2010 geskenk het en gevolglik weens hoë kilometers meer gereeld staan as ry.
Volgens Shangula sal die nuwe ambulans nie net noodgevalle op Osire hanteer nie, maar ook op nabygeleë plase en in veral in gevalle van motorongelukke, kraamgevalle en slangbyte.
Shangula het beklemtoon die regering is besig met die konstruksie van nuwe klinieke in verskillende streke in die land in ’n poging om dienste nader aan gemeenskappe te bring wat tans aan die kortste end trek.
Die afgelope paar jaar het die ministerie ook meer as 1 300 gesondheidspersoneel in diens geneem en na verskillende dele in die land ontplooi.
Met verwysing na die Covid-19-pandemie het Shangula gemaan “dit is steeds onder ons”, met die aantal nuwe gevalle wat tans in veral Khomas, Erongo en Otjozondjupa toeneem.
Hy het weer eens ’n beroep op inwoners gedoen om hulle teen Covid-19 te laat inent om hulle teen ernstige siekte, hospitalisasie en sterfte te beskerm.
“Die regering het voldoende entstowwe aangekoop wat reeds na inentingspersele in die land gestuur is,” het hy gesê.
Shangula het beklemtoon die mees doeltreffende wapen teen die siekte is buiten inenting, die dra van maskers, fisieke afstand en hande was. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie