Nuwe mediese sentrum vir Karibib

Voorsien in kritiese gesondheidsbehoeftes
Die sooispitseremonie word vir Julie beplan by die geoormerkte perseel op die dorp.
Precious Nghituanapo
Die Navachab-goudmyn het gaan 'n moderne mediese sentrum op Karibib oprig om in die kritieke gesondheidsbehoeftes van die gemeenskap te voorsien. Laasgenoemde is ná omvattende konsultasie met die gemeenskap en ook insette deur rolspelers soos die dorpsraad asook die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste identifiseer. Die finale begroting vir die sentrum moet nog afhangend van die argitektoniese ontwerpe gefinaliseer word, maar sal na verwagting miljoene Namibiese dollar kos. Konstruksie van die sentrum sal in fases gebeur. Volgens die myn se woordvoerder McLyn Kasale is die projek nog in die voorbereidingsfase, met geotegniese evaluerings wat voltooi is. Landmeting en die argiteksplanne behoort teen die einde van Mei voltooi te wees. Die sooispitseremonie word vir Julie beplan by die geoormerkte perseel op die dorp.

"Die idee is nie om die dienste te dupliseer wat by die bestaande kliniek of die hospitaal op Usakos aangebied word nie. Die idee is om geriewe te bou wat in die spesiale behoeftes van gemeenskappe landswyd te voldoen," het Kasale gesê.

Die sentrum sal dienste lewer soos traumasorg, rehabilitasie, skanderings, ortopedie, bevallings en ook psigiatriese dienste. Dié persoonlike benadering het ten doel om bestaande infrastruktuur vir gesondheidsorg te komplementeer en sodoende omvattende dekking vir spesifieke gesondheidskwessies te verseker.

Volgens Kasale het die myn omvattende konsultasies met regerings- en nie-regeringsentiteite gevoer en verteenwoordig die sentrum 'n hoeksteen van Navachab se strategie vir korporatiewe maatskaplike belegging (CSI). Laasgenoemde prioritiseer ses sleutelpilare naamlik infrastruktuur, onderwys, gesondheid, entrepreneurskap en werkskepping, veiligheid en sekuriteit en ad-hoc-ondersteuning.

Bykomend tot die myn se CSI-strategie het dit in die afgelope twee jaar meer as N$15 miljoen aan opheffingsprojekte in die gemeenskap bestee soos die voorsiening van water by Spitzkoppe en New Schwaben, die skenk van 'n polisievoertuig, die onderhoud van polisievoertuie op Karibib en Usakos, die opgradering van die koshuis by die Karibib Private Skool asook die skenk van 'n ondersteunende kragopwekker by die Karibib Mediese Sentrum.

Hy het ook verwys na die Golden Egg-projek waar plaaslike entrepreneurs tot die waarde van meer as N$2 miljoen ondersteun word, die elektrifisering van die Uis-informele nedersetting se elektrifiseringsprojek, 'n lykshuis op Otjimbingwe asook die oprigting van verkeersligte om verkeersvloei in die dorp te verbeter. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 3 vs 1 Southampton | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A