Nuwe palliatiewe sorgeenheid geopen
Die nuwe palliatiewe sorgeenheid van Palliative Care Namibia, die eerste van sy soort in Namibië, is Vrydag House Zietsman gedoop, ter viering van die onkoloog dr. Anelle Zietsman, wat dekades reeds kankersorg aan pasiënte by die Dr. AB May-kankersorgsentrum in die hoofstad bied.
“Toe ek by die Kankervereniging begin het, het ek byna niks geweet nie. Alles wat ek nou weet, het ek by jou geleer,” het die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië (CAN), Rolf Hansen, by die opening van die sorgeenheid gesê.
Hansen verduidelik dat die verskaffing van palliatiewe sorg die laaste van die doelwitte is wat hy gestel het toe hy die leisels oorgeneem het.
Dié eenheid het CAN ongeveer N$10 miljoen gekos om op te rig en het ten doel om palliatiewe sorg aan Namibiërs van alle uithoeke van die land moontlik te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie