Nuwe toerusting vir Oshakati-staatshospitaal
Die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) het nuwe mediese toerusting ter waarde van N$388 000 aan die staatshospitaal op Oshakati geskenk. Dit vorm deel van die fonds se voortgesette pogings om ’n noodsaaklike rol te speel in die verhoging van gesondheidstandaarde in Namibië. In lyn met inisiatiewe deur die regering is die doel om ’n bydrae te lewer tot die verbetering van gesondheidsgeriewe en gevolglik die algehele welstand van staatspasiënte en die groter gemeenskap.
Die fonds se uitvoerende hoof Rosalia Martins-Hausiku het beklemtoon gesondheidsorg is ’n hoeksteen van ’n gemeenskap se welstand. Die staatshospitaal se mediese superintendent, dr. Ruben Kanime, het op sy beurt gesê die skenking verlig die finansiële laste van die hospitaal en stel dit in staat om die beperkte hulpbronne aan te wend in ander gebiede om pasiëntesorg te verbeter.
Die mediese toerusting sluit onder meer monitors, oksimeters, trollies en ander noodsaaklikhede in wat ten doel het om die hospitaal se vermoë vir diagnosering, behandeling en versorging van pasiënte te verhoog. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie