Nuwe treë danksy Steps2Walk
22 pasiënte se lewens verander
Afgevaardigdes en chirurge uit Amerika, Brittanje, Brasilië, Malawi en Suid-Afrika het die operasies op minderbevoorregte Namibiërs uitgevoer.
Henriette Lamprecht - Sedert 2018 het 75 pasiënte in Namibië gratis rekonstruktiewe chirurgie as deel van die Steps2Walk-uitreikprogram ontvang. Vanjaar is die lewens van 22 pasiënte (15 kinders en sewe volwassenes) vir altyd verander, met ‘n totaal van 31 voete waarop daar binne twee dae operasies uitgevoer is.
Die uitreikprogram Steps2Walk is in 2000 deur die Amerikaanse dokter Mark Myerson begin in reaksie op die behoefte vir die onderrig en opleiding van internasionale voet- en enkelchirurge wat min toegang het tot voortgesette en gevorderde opleiding in dié spesialisveld. Tydens die program wat van 10 tot 14 Junie in beide die Windhoek Sentrale Hospitaal en die Lady Pohamba Private Hospitaal aangebied is, het dokters in die verwante vakgebied chirurgiese prosedures vir voet- en enkelafwykings uitgevoer, terwyl ortopediese chirurge ook in verskillende alternatiewe vir behandeling opleiding aangebied het.
Afgevaardigdes en chirurge uit Amerika, Brittanje, Brasilië, Malawi en Suid-Afrika het die operasies op minderbevoorregte Namibiërs uitgevoer. Elf dokters en verpleegsters het aan die projek deelgeneem deur die wetenskaplike program, evaluering van pasiënte en operasies by te woon.
Borge het in vennootskap met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gesorg dat die behandeling en operasies sonder enige koste vir die pasiënte aangebied is. Die borge van vanjaar se suksesvolle uitreikprogram sluit in FirstRand Foundation, Avis Rent-a-Car, Windhoek Town Lodge,
Namibia Contract Caterers, Namrad, Pathcare, Geka, Nedbank, Caremed, Genmed, NuAngle, Sun Medical Supplies, Gondwana Trust, ProStudio, PPS, Parrot, Shoprite & Checkers, Ohltaver & List, Kilian Orthopaedics en Wellington Physiotherapy. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie