Oefening as deel van herstelproses
As deel van Borskankerbewusmakingsmaand het die Vereniging vir Biokinetika (BAN) die belangrikheid van oefening vir borskankerpasiënte beklemtoon.
Studies het getoon dat ’n gestruktureerde oefenprogram kan help om die risiko van ’n herhaling van die siekte te verminder, newe-effekte te bestuur en algehele lewenskwaliteit te verbeter.
“Oefening is ’n deurslaggewende komponent in borskankerpasiënte se herstelproses.
“Deur persoonlike programme kan ons individue help om hul kragte te herwin, mobiliteit te verbeter, asook die hersteltydperk ná chemoterapie en chirurgie verminder,” sê BAN se woordvoerder. Henry Boshoff.
Biokinetici speel ’n sleutelrol in die leiding van pasiënte deur veilige en doeltreffende oefeninge, wat lae-impak-aktiwiteite soos stap, swem en strek insluit.
Dié aktiwiteite verbeter fisieke fiksheid en bevorder ook geestelike welstand deur stres te verlig en energievlakke te verhoog.
“Ons moedig borskankerpasiënte aan om professionele raad van gesertifiseerde biokinetici in te win om te verseker dat hulle oefeninge doen wat beide veilig en voordelig vir hul herstelproses is,” het Boshoff gesê.
Vir meer inligting oor hoe biokinetika pasiënte kan help met die herstel van borskanker, besoek BAN se webwerf by www.ban.org.na of kontak enige lid vir ’n konsultasie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie