Ombili se kliniek word opgegradeer
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan met die ondersteuning van die B2Gold-myn die kliniek in Ombili op Otjiwarongo teen ’n koste van N$6 miljoen opgradeer en uitbrei.
Volgens B2Gold se bestuurder in Namibië, John Roos, sal die bouwerk in November vanjaar voltooi wees. In 2019 het die myn die konstruksie van die Primêre Skool Ombili van stapel gestuur, wat tans sowat 1 300 leerlinge akkommodeer en 30 onderwysers, vyf vrywilligers en ’n administratiewe beampte in diens het.
“Ons is die eksklusiewe weldoeners van die projek en het tot op hede 24 klaskamers en twee graad 0-klaskamerblokke voltooi. Vanjaar gaan ons ’n bykomende agt klaskamerblokke, ’n biblioteek, laboratorium en ook ’n sportveld bou,” het Roos gesê.
Die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula, het tydens die sooispitseremonie die belangrikheid van voortgesette prioritisering van beleggings in primêre gesondheidsorg beklemtoon om universele gesondheidsdekking in die land ’n werklikheid te maak.
Volgens hom is primêre gesondheidsorg die fondasie van ’n omvattende en reaktiewe gesondheidstelsel. Die uitbreiding en opgradering van die Ombili-kliniek beteken meer gesondheidsdienste word nader aan inwoners gebring.
“Dit beteken ons mense hoef nie langer sulke lang afstande te stap of te reis om toegang tot gesondheidsdienste te verkry nie. Dit veral vir kwale wat binne die raamwerk van primêre gesondheidsorg behandel en bestuur kan word,” het Shangula verduidelik.
’n Ten volle funksionele Ombili-kliniek sal omvattende gesondheidsorgdienste, soos die uitgebreide program vir immunisering (EPI), voor- en nageboorte-, MIV- , TB- en farmaseutiese dienste, tandheelkundige sorg, sowel as die bestuur van oordragbare siektes, bied.
Shangula sê die ministerie ontvang ’n totale begroting van N$10,8 miljard vir die jaar wat ’n duidelike teken is dat die Namibiese regering die gesondheid en welstand van sy mense ernstig opneem.
Ander projekte wat die ministerie onlangs in die Otjozondjupastreek voltooi het, sluit in die opknapping van die distrikhospitaal op Okakarara se wassery en kombuis, terwyl vordering ook gemaak word in die installering van ’n sonaangedrewe waterverhittingstelsel en -versagtingaanleg vir die kombuis en wassery. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie