Omvattende veldtog teen servikale kanker

Henriette Lamprecht
Die Kankervereniging van Namibië (CAN) en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se kantoor in die Kunenestreek se Outjo-distrik, het kragte saamgesnoer vir ’n omvattende veldtog vir servikale kanker-ondersoeke in dié gemeenskap. Die veldtog sluit beide visuele ondersoeke deur middel van asynsuur (VIA), sowel as papsmere (sitologie) in en hoop om toegang tot hierdie dienste te verhoog en geredelik beskikbaar te maak vir elke vrou in die distrik.

Weens begrotingstekorte vir die ministeriële veldtog het CAN ingespring om te verseker noodsaaklike voorraad is aangeskaf om die ondersoeke te doen.

“CAN staan ten volle agter die ministeriële spanne wat proaktief die inisiatief neem om hul gemeenskappe te dien en ondersteun daarom hierdie versoek vir ondersteuning. Die veldtog is in pas met CAN se eie nasionale kankeruitreikprogram en weerspieël sy eie verbintenis tot die stryd teen kanker en die verwoestende uitwerking wat dit op Namibiërs het,” sê die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen.

Servikale kanker is ’n beduidende gesondheidsbekommernis wêreldwyd en is die vierde mees algemene kanker onder vroue wat jaarliks tot ’n groot aantal sterftes lei. Die hoofoorsaak is die menslike papilloma-virus (HPV) wat voorkom weens seksueel-oordraagbare infeksies. In die meeste gevalle herstel die immuunstelsel HPV-infeksies sonder enige langtermyn gevolge. Volgehoue infeksies kan lei tot abnormale selveranderinge in die serviks wat tot servikale kanker lei. Om dié bedreiging reeds vooraf hok te slaan, kan die HPV-entstof vroue beveilig teen die meeste HPV-tipes wat met servikale kanker verband hou. Die entstof word aanbeveel vir meisies en seuns tussen die ouderdomme van nege tot 12 jaar. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!