UNAids se direkteur vir Namibië, dr. Alti Zwandor, die waarnemende uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Jeremia Nghipundjwa en die waarnemende verteenwoordiger van USAID, me. Laura Muzart, met die hulpmiddels wat die tema van Onopspoorbaar = Onoordraagbaar verduidelik. FOTO VERSKAF
UNAids se direkteur vir Namibië, dr. Alti Zwandor, die waarnemende uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Jeremia Nghipundjwa en die waarnemende verteenwoordiger van USAID, me. Laura Muzart, met die hulpmiddels wat die tema van Onopspoorbaar = Onoordraagbaar verduidelik. FOTO VERSKAF

Onopspoorbaar, onoordraagbaar

Lae virale lading
Lede van sleutelbevolkings is oor die algemeen goed ingelig oor MIV.
Henriette Lamprecht
’n MIV-positiewe persoon wie se virale lading so laag is dat die virus nie deur ’n bloedtoets opgespoor kan word nie, kan nie ’n seksmaat infekteer nie.

Dit is die sleutelboodskap van die U=U-veldtog (Undetectable = Untransmittable; Onopspoorbaar = Onoordraagbaar) wat deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste van stapel gestuur is in samewerking met die KP-Star-projek wat deur die Amerikaanse regering gefinansier word.

Die projek en veldtog fokus op sleutelbevolkings en het ten doel om stigma en diskriminasie te versag teenoor mense wat met MIV saamleef. Dit moedig hulle aan om gereeld vir die virus getoets te word en te hou by die voorgeskrewe anti-retrovirale terapie om hul virale lading te verminder tot ’n onopspoorbare en dus veilige vlak.

Dit is noodsaaklik dat MIV-positiewe mense en hul seksmaats verstaan dat ’n onderdrukte virale lading die risiko van MIV-oordrag beduidend verminder.

Saam met die U=U-veldtog het die ministerie ook sy verslag vir MIV Risiko Brandpunte en Beramings van Sleutelbevolkings bekendgestel. Die verslag is deur KP-STAR saamgestel en identifiseer brandpunte in spesifieke gebiede in Oshikango, Oshakati, Otjiwarongo, Katima Mulilo, Rundu, Swakopmund, Walvisbaai, Gobabis en Keetmanshoop.

Sleutelbevolkings is mense soos mans wat seks met mans het, sekswerkers en transgender mense, wat ’n verhoogde risiko het om MIV op te doen.

Volgens die verslag is lede van sleutelbevolkings oor die algemeen goed ingelig oor MIV, maar 20% van deelnemers aan die opname reken hul risiko is laag om die siekte op te doen. Byna 5% het selfs gesê dit was “onmoontlik” vir hulle om met MIV geïnfekteer te word.

Die gebrek aan akkurate inligting oor die grootte en ligging van sleutelbevolkings word beskou as een van die grootste struikelblokke vir hulle om toegang tot gesondheids- en ander dienste te bekom.

Volgens me. Laura Muzart, senior MIV-voorkomingspesialis by die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID) sal die kartering en identifisering van sleutelbevolkings Namibië help om sy MIV-programme beter te ontwerp en te teiken.

Die KP-STAR-projek het in 2020 begin, strek oor vyf jaar en ondersteun 75 geriewe in tien prioriteitsareas in Namibië.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!