VACCINE
VACCINE

Ons het geweet van AstraZeneca, sê Kalumbi

Jemima Beukes
Mense is glo ingelig oor die moontlike newe-effekte van die AstraZeneca-entstof toe dit aan hulle toegedien is, het die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, gesê.

Hy het bygevoeg dat die ministerie besig is om aan te beweeg aangesien die Covid-19-pandemie lankal verby is.

Dit volg nadat die AstraZeneca-vervaardigers onlangs erken het dat die Covishield-entstof moontlik bloedklonte en lae bloedplaatjietellings kan veroorsaak.

Die Britse koerant The Independent het Woensdag berig dat AstraZeneca sy Covid-entstof wêreldwyd onttrek het nadat hy erken het dat dit bloedklonte kan veroorsaak.

Kalumbi het hierop gereageer en gesê dit is niks nuuts nie en dat alle medikasie newe-effekte het, selfs antibiotika.

“Dis nie nuwe inligting nie, dit was reeds bekend. Dit is gebruik om lewens te red. Ons was bewus van die risiko’s, maar moes die voordele teen die risiko’s opweeg.”

“Ons het geen plan vir mense wat dit ontvang het nie, ons gaan aan, Covid is weg,” het hy gesê.

Namibië het duisende dosisse van die Covishield-entstowwe ontvang, wat deur die Indiese regering en ander geskenk is, en dit is aan duisende Namibiërs toegedien.

In die verlede is kommer oor die veiligheid van hierdie spesifieke entstof afgemaak as fopnuus en verkeerde inligting.

Frederico Links, die redakteur van Namibia Fact Check – ’n projek van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) – het op 1 Julie 2021 geskryf dat “byna 70 000 Namibiërs, soos op 23 Junie, óf een óf albei dosisse van die Oxford/AstraZeneca-entstof ontvang het, nie ’n enkele geval van bloedstolling tot dusver amptelik deur gesondheidsowerhede aangemeld is nie”.

Hy het ook voortgegaan om te sê dat “’n handvol gevalle van bloedstolling tans oraloor die wêreld geïdentifiseer is, maar die wydverspreide waninligting rondom die seldsame voorkoms van die siekte het skade aan die entstof se reputasie veroorsaak wat waarskynlik veel swaarder weeg as die oorsaak”.

Die ministerie het destyds ook navrae oor die moontlike verband tussen sterftes en dié entstof as blote waninligting afgemaak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!