'Ons voel ons faal ons pasiënte'
Soms huis toe gestuur sonder ordentlike behandeling
Die voortgesette tekort aan medisyne laat 'n dokter by 'n staatshospitaal wonder hoekom hy werk toe gaan.
Dokters by die staatshospitaal op Rundu en in veral die ongevalle-afdeling, voel toenemend ontmoedig weens die voortgesette tekort aan noodsaaklike medikasie.
’n Dokter wat verkies om anoniem te bly, het aan Network Media Hub (NMH) gesê hy voel dikwels “hulpeloos” omdat dit voel asof hulle hul pasiënte faal weens die tekort aan medisyne.
“Dit laat jou nutteloos voel. Wanneer ons byvoorbeeld nie kritieke vloeistowwe het nie, wonder jy hoe om op te maak vir die pasiënt se behoeftes.
“Sekere vloeistowwe is noodsaaklik om die pasiënt te help. Wanneer daar niks beskikbaar is nie, word jy sonder enige opsies gelaat.
“Soms moet jy ’n pasiënt sonder ordentlike behandeling huis toe stuur. Dit laat jou bevraagteken waarom jy werk toe kom as jy nie die nodige medikasie het nie.
“Hoe lank gaan dit nog aangaan? Hoe lank moet ons wag voor hierdie noodsaaklike medikasie kom,” het hy gevra.
Nog ’n dokter het kommer uitgespreek oor die toenemende kwessie van weerstandigheid teen antibiotika.
“Die gebrek aan noodsaaklike medikasie soos antibiotika skep weerstand daarteen. Die een oomblik pas jy behandeling toe en ontslaan die pasiënt na ’n korter tydperk, omdat die medikasie nie voldoende is nie en wat tot weerstand bydra.
“Dit voel asof ons op pad is na ’n toekoms waar ons dalk nie eens algemene siektes kan behandel nie weens hierdie tekort aan medikasie.
“Dit is regtig erg. Eerlikwaar, dit is erg. Wanneer jy met die superintendente praat, tree hulle op asof dit nie ’n groot kwessie is nie. Hulle sê net dit is ’n landswye kwessie.
“Maar dit raak die hele land. Wat doen ons as ’n hospitaal om op te maak vir die gebrek aan medikasie en noodsaaklike vloeistowwe? Doen ons iets?
“Plaas ons druk op die ministerie om die probleem te takel en sê ons vir hulle dat ons dokters nie onder hierdie omstandighede kan werk nie,” het hy gevra.
Michael (skuilnaam), ’n pasiënt wat eerstehands die tekorte ervaar het, het aan NMH gesê dit is frustrerend om aanhoudend hospitaal toe te gaan net om te hoor die medikasie wat hulle nodig het, is nie beskikbaar nie.
“Ek het die opsies probeer wat hulle verskaf het, maar dit raak nie eens aan die pyn nie. Dit is hartseer om te weet ten spyte van die kere wat ek hospitaal toe is, ly ek steeds. Ons het betroubare toegang tot ordentlike medikasie nodig,” het hy gesê.
Nog ’n pasiënt met ’n soortgelyke ervaring het gesê sy besoek reeds die afgelope maande die hospitaal in die hoop om die medikasie te kry wat sy nodig het. Elke keer moet sy egter hoor dit is nog nie beskikbaar nie.
“Die pyn wat ek het, is onhanteerbaar en die ander opsies wat hulle my gee, doen niks om te help nie. Dit voel asof ek elke keer wat ek instap vals hoop gegee word, net om weer met dieselfde pyn uit te stap waarmee ek gekom het,” het sy vertel.
REAKSIE
In reaksie op die voortgesette tekorte het die staatshospitaal se superintendent, Jean Kabangu, verduidelik dat die aankoop van medikasie sentraal deur die Sentrale Mediese Store (CMS) hanteer word.
“Daar is twee verspreidingspunte in die land – een in Rundu wat deel is van die streek en een in Oshakati. Ons by die hospitaal het geen beheer oor aankope nie, omdat dit sentraal hanteer word.
“Ons rol op hospitaalvlak is eenvoudig om dit te ontvang en die medikasie wat aan ons verskaf word te bestuur,” het Kabangu gesê.
Volgens hom doen die hospitaal navraag by die Streek- mediese Stoor (RMS) vir tydelike voorraad wanneer die hospitaal se medikasie opraak.
“Indien sommige items van die aanvanklike bestelling nie verskaf is nie, plaas die apteek later ’n tydelike bestelling. Soms soek ons items by die RMS.”
Die hospitaal het ook ’n begroting om sekere gespesialiseerde medikasie uit te koop wat nie maklik deur die sentrale mediese store beskikbaar is nie.
“In ons neonatale intensiewesorgeenheid (Nicu) gebruik ons byvoorbeeld medikasie wat nie algemeen beskikbaar is nie, omdat dit ’n kort raklewe het.
“Dit maak dit onprakties vir die sentrale mediese store om dit in voorraad te hou. Ons koop dié items aan soos nodig,” het Kabangu verduidelik.
Die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, Ben Nangombe, kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie