Liberty Namibië se Monique Cloete het dié week  'n reusegeskenk van N$100 000 oorhandig by die herdenking van Chica die beer se eerste jaar as die Kankervereniging se gelukbringer vir projekte ten bate van kinders met kanker. Links is Rolf Hansen, CAN uitvoerende hoof. Foto Jemimah Ndebele
Liberty Namibië se Monique Cloete het dié week 'n reusegeskenk van N$100 000 oorhandig by die herdenking van Chica die beer se eerste jaar as die Kankervereniging se gelukbringer vir projekte ten bate van kinders met kanker. Links is Rolf Hansen, CAN uitvoerende hoof. Foto Jemimah Ndebele

Opbrengs uit jaar se gekoopte beertjies

Iréne-Mari van der Walt
Chica die beer was in ’n besonder goeie bui vir sy eerste “verjaarsdag” as die Kankervereniging van Namibië (CAN) se gelukbringer vir projekte wat met kinders verband hou.

Die blou beertjie is amptelik laasjaar op kinderkanker-bewusmakingsdag tot die CAN-familie verwelkom en het vanjaar op dieselfde dag N$100 000 van Liberty Namibië as ’n verjaarsdaggeskenk ontvang.

Dié geld is ingesamel deur die verkoop van Chica-beertjies landswyd en is geoormerk om jong kankerpasiënte deur middel van Chica se finansiële bystandprogram te ondersteun.

Volgens CAN se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, kry gemiddeld vyf kinders in Namibië elke week ’n kankerdiagnose. Hy sê leukemie is die mees algemene vorm van kanker wat in kinders gediagnoseer word.

Hansen het by die geleentheid gesê CAN het die Chica tydelike tuiste gestig vir gesinne met ’n tiener wat kanker het. Tieners met kanker wat buite Windhoek woon, word hier gehuisves tydens hul behandeling in Windhoek.

Hy sê psigososiale ondersteuning is uiters belangrik vir gesinne met ’n kind of tiener wat met kanker gediagnoseer word.

“Psigososiale steun vir gesinne wat deur ’n kinderkanker-diagnose geraak is, is van kritieke belang. Veral omdat kanker gewoonlik eerder in volwassenes as kinders gediagnoseer word, plaas die nuus dikwels ook stremming op die verhouding tussen ouers,” het hy gesê.

Liberty se besturende direkteur, Monique Cloete, hoop dat Chica ’n huishoudelike naam in Namibië sal word.

“Ons pragtige beertjie kan ’n boodskap van hoop huis toe bring en ons help om met kinders te praat oor kanker. Ons het reeds aan duisende kinders geluk gebring deur ons brawe beertjie aan die publiek bekend te stel en deur Chica se storie van hoop en liefde met skole en ander instansies te deel,” het sy gesê.

Vanjaar sal Chica nie net in die vorm van warm liefkosing sy steun aan kinderkankerpasiënte bied nie, maar die gelukbringer kan ook op snoesige mussies vir kinders of volwassenes, asook sleutelhouers en knopies gesien word.

Chica-beertjies en -produkte kan by chicanamibia.com bestel word. Alle opbrengs word ter ondersteuning van kinderkankerpasiënte in Namibië gebruik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!