Opskorting van hulp benadeel kwesbares
Die Namibian Civil Society Non-State Actors Network (NamNet) sê die Amerikaanse president Donald Trump se besluit om die buitelandse hulpagentskap te ontbind, wat gelei het tot die opskorting van projekte wat deur die Amerikaanse agentskap vir internationale ontwikkeling (USAID) ondersteun word, is ’n reuseslag vir Namibië.
NamNet se voorsitter, Mahongora Kavihuha, het in ’n verklaring gesê die onmiddellike opskorting van USAID-finansiering en dreigemente om die hele agentskap te ontbind, is ’n reuse-struikelblok vir noodsaaklike dienste en lewensreddende programme in Namibië.
Volgens Kavihuha het USAID vir dekades ’n kritieke rol gespeel in die versterking van ekonomiese groei, handel, voedselsekuriteit, energie, water, omgewingsbeskerming en die belangrikste, die gesondheidsektor.
“Die skielike onttrekking van hierdie ondersteuning ontwrig lewensreddende ingrypings soos antiretrovirale terapie (ARV), gemeenskapsgebaseerde gesondheidsorg en uitreikingsprogramme wat kwesbare en gemarginaliseerde bevolkings teiken,” het hy gesê.
Daarom is dit volgens hom nie net ’n kwessie van ’n gebrek aan finansiering nie, maar ’n direkte en onmiddellike bedreiging vir die lewens van Namibiërs.
Kavihuha sê as ’n sambreelorganisasie wat meer as 1 150 burgerlike samelewingsorganisasies (CSO’s) verteenwoordig en waarvan sommige direk of indirek deur Amerikaanse buitelandse hulp ondersteun word, is NamNet bekommerd oor die ernstige impak wat die opskorting van fondse op kritieke dienste gaan hê.
Die rede hiervoor is omdat CSO’s ’n leidende rol speel om gesondheidsdienste en ander noodsaaklike hulp aan behoeftige gemeenskappe te lewer.
“Hierdie ongekende onmiddellike opskorting van finansiering en die opdrag dat niemand mag werk nie, plaas geweldige druk op hierdie organisasies en stel noodsaaklike dienslewering en die voortsetting van noodsaaklike maatskaplike programme in gevaar.
“Dit kan ook die voortsetting van werksgeleenthede vir verpleegsters, gesondheidswerkers in die gemeenskap en ander diensverskaffers in die wiele ry,” het hy gesê.
REGERING
Kavihuha sê voorts NamNet doen ’n ernstige beroep op die regering om met die geraakte CSO’s in gesprek te tree om onmiddellike gebeurlikheidsplanne te ontwikkel om noodsaaklike dienste midde die finansieringskrisis te beskerm.
Hy sê die regering moet ook die implementering van sy eie nuwe maatskaplike beleid bespoedig en saam met rolspelers werk om volhoubare plaaslike finansieringsmeganismes te vestig. Laasgenoemde moet die ononderbroke werksaamhede van CSO’s verseker om hulle in staat te stel om belangrike dienste aan gemeenskappe te lewer.
“NamNet doen ook ’n beroep op die Namibiese private sektor om nie net ’n relatief klein gedeelte van sy jaarlikse winste deur korporatiewe maatskaplike beleggingsprogramme (CSI) te voorsien wat net ’n paar CSO’s bevoordeel nie.
“Die bedrag wat aan CSI/CSR-projekte bestee word, behoort aansienlik verhoog te word en gegewe die hoë vlakke van werkloosheid en ongelykheid in Namibië behoort dit ten minste 20% tot 30% van ’n maatskappy se winste te wees,” het Kavihuha gesê.
Hy sê die private sektor moet strategiese vennootskappe met CSO’s op die lang termyn oorweeg wat betroubaar ’n impak op die lewens van kwesbare en gemarginaliseerde Namibiërs maak en sodoende nie net materiaal borg nie, maar ook program- en bedryfskoste dek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie