PAS IN: BTW-besluit hupstoot vir projek
Die projek, I Got Your Back, My Sisters, het die regering se besluit verwelkom om belasting op toegevoegde waarde (BTW) op sanitêre doekies met ingang vandag te skrap.
Dié projek skenk sanitêre doekies aan skoolmeisies uit arm gemeenskappe in die noorde van Namibië.
Tim Martins, die stigter van die projek, sê die regering se besluit sal hom en sy span help om méér vir jong meisies te doen.
“Nie net vergemaklik dit ons werk in terme van geld nie, maar dit sal ook skenkers aanmoedig om meer te help.”
Dít sal die projek se aanslag in 2023 verander en meer projekdekking verseker.
Dit voel asof die regering die projek halfpad tegemoet gekom het, sê Martins.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie