PAS IN: Geen meer BTW op sanitêre doekies
Die ministerie van finansies het vanmiddag aangekondig dat sanitêre doekies vanaf 1 Januarie 2023 van belasting op toegevoegde waarde (BTW) vrygestel word.
Luidens die wysiging op die BTW-wet, wat vandag in die Staatskoerant gepubliseer is, sluit sanitêre doekies wat BTW-vry is, die volgende in: doekies vir ligte-, medium- en swaar vloei; asook mini-, super-, sport- en oornagdoekies.
Dit sluit ook sanitêre doekies in wat vir voor- en nageboorte doeleindes ontwerp is, asook die dun doekies wat as broekievoerings gebruik word.
BTW sal steeds op die volgende sanitêre produkte gehef word: alle tampons, menstruasiekoppies, sanitêre afveedoekies, lekbestande broekies en inkontinensiedoekies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie