PAS IN: Nóg lande vereis Covid-toesting van China
Die Verenigde State van Amerika (VSA) is die jongste land om Covid-toetse van reisigers uit China te vereis, terwyl die Verenigde Koninkryk (VK) vandag sal besluit of hulle ook beperkings gaan instel.
Italië, Japan, Taiwan en Indië vereis reeds verpligte toetsing.
China ondervind tans die grootste Covid-19-uitbreking ter wêreld ná dié land skielik sy zero-Covid-beleid opgeskort het. Dit beteken mense sal teen 8 Januarie meer vrylik kan reis.
Kommer oor die betroubaarheid van amptelike Covid-data deur China neem internasionaal toe.
Die Centre for Disease Prevention and Control in China rapporteer daaglikse gevalle van tussen 4 000 en 5 000, maar volgens gelekte notules van China se National Health Commission (NHC) is bykans 37 miljoen Covid-gevalle op 20 Desember aangemeld. Totalle gevalle van 1 tot 20 Desember was 248 miljoen, sowat 17,56% van China se totale bevolking.
Daar is 12 Omicron-variante in China. Die vernaamste hiervan is die Omicron-subvariante BA.5.2, BF.7 en BM.7.
Die uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, Ben Nangombe, het op 21 Desember ‘n verklaring uitgereik waarin hy sê die Covid-19-situasie in Namibië “bly stabiel en beheerbaar”.
“Volgens die jongste verslae van ons laboratoriums bly die Omicron-variant die dominante SARS-CoV-2-variant wat Covid-19-gevalle in Namibië aandryf, veral die BA.4-mutasie. BA.5., nóg ‘n sub-variant van Omicron, kom teen ‘n lae frekwensie in Namibië voor,” het Nangombe gesê. – Eie berig en Reuters, Bloomberg, BBC, Telegraph en Taiwan News

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie