Pasiënte moet verlief neem met katte
Eet kos, maak geraas
Die katte vang muise en slange en help so om die pasiënte veilig te hou, sê die hospitaal.
Tuyeimo Haidula – Die gesondheidsowerhede se besluit om nie rondloperkatte in en rondom die Oshakati-staatshospitaal te verwyder nie, het sommige pasiënte die josie in.
Volgens hulle het die katte die kuns bemeester om sluitkaste waarin kos gebêre word, oop te maak. Die katte maak ook glo ’n groot geraas.
’n Loodsprojek is nou by die hospitaal van stapel gestuur om die katte en ook afval by die hospitaal te bestuur. Dit ná talle klagtes van pasiënte dat die katte dag en nag in die sale rondloop op soek na kos.
Tydens die bekendstelling van die projek het die rondloperkatte in en uit sale beweeg.
Die hospitaal het die besluit geneem dat die pasiënte saam met die katte moet leef, het die hospitaal se mediese superintendent, Ruben Kanime, gesê.
In ’n wêreld wat worstel met die voortdurende uitdagings weens die Covid-19-pandemie, het dit volgens Kanime al hoe duideliker geword dat die gesondheid van mense, diere en die omgewing wesentlik met mekaar verbind is.
Kanime het bygevoeg dat die katte, wat dikwels in breër gesprekke oor dierewelsyn misgekyk word, ’n integrale deel van die stedelike ekostelsel is.
“Hul welstand beïnvloed direk die balans van plaaslike ekostelsels en kan implikasies vir openbare gesondheid inhou,” het hy gesê.
Volgens hom is afvalbestuur nie net ’n bekommernis vir die omgewing nie, maar is dit ook nou verbind aan openbare gesondheid.
“Doeltreffende afvalbestuur is noodsaaklik om die verspreiding van siektes te voorkom, veral in digbevolkte gebiede. Deur beide die welstand van die katte en afvalbestuur te takel, dui hierdie inisiatief op ’n holistiese benadering tot openbare gesondheid wat die welstand van alle lewende wesens insluit,” het Kanime verduidelik.
Volgens hom is die projek ’n bewys van hul toewyding om ’n gesonder en meer volhoubare toekoms te bou.
Die katte is “nie so erg nie”; hulle vang muise en slange en hou sodoende die pasiënte veilig en vry van peste, het hy bygevoeg.
Maria Nandjala, die hoofbeampte vir omgewingsgesondheid in die Oshanastreek, het namens die direkteur van gesondheid, Johanna Iimene, gesê die projek is veral belangrik in die lig van voortslepende soönotiese pandemies.
“Daar is ’n groot behoefte vir mense om bewusmaking as ’n gemeenskap te skep en met volhoubare strategieë vir die beheer van wilde katte vorendag te kom. Strategieë vir afvalbestuur wat die verspreiding van hierdie tipe siektes voorkom, val onder een gesondheidsambreel,” het sy gesê.
“Soos die meeste van ons weet, is soönotiese siektes een van die grootste oorsake van siektes in die wêreld indien dit nie doeltreffend bestuur word nie. Die siektelas word ligter wanneer dit vanuit alle hoeke getakel word,” het Nandjala beklemtoon.
Albertina Immanuel, ’n pasiënt by die hospitaal, sê die katte is bekend daarvoor dat dit pasiënte se sluitkassies oopmaak en hulle kos eet. Die wilde katte maak ook baie geraas in die aande en pasiënte kan skaars slaap, het sy gesê.
Nog ’n pasiënt, Silas Gabriel, was dit eens dat die katte ’n las is en het ’n beroep op owerhede gedoen om die katte in te ent. Hy het bygevoeg dat dit moeilik vir die beamptes sal wees om tred met die katte te hou; om seker te maak almal is ingeënt en of dit veilig is dat hulle tussen pasiënte beweeg en bly.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie