Pasiënte verskuif om plek vir Covid-gevalle te maak

Namibië in vyfde golf
Pasiënte is uit die respiratoriese eenheid verskuif ingeval dit weer vir Covid-19-gevalle gebruik moet word.
Henriette Lamprecht
Sommige pasiënte in die Katutura-staatshospitaal word na die Covid-19-veldhospitaal langs die Windhoek Sentrale Hospitaal verskuif om plek te maak vir Covid-19-gevalle.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het oor die naweek bevestig die land beleef tans ’n vyfde golf met die positiwiteitskoers wat die afgelope week aansienlik gestyg het.

Dr. Nelago Amugulu, superintendent van die Katutura-staatshospitaal, het bevestig die land se aantal Covid-gevalle is besig om te styg en “ons is nou midde die vyfde golf”.

Sy sê terwyl die gevalle laag was, is sommige pasiënte wat negatief vir die siekte getoets het, in die respiratoriese eenheid van die hospitaal opgeneem. Dié pasiënte word egter nou uit die eenheid verskuif in geval dit weer vir Covid-19-gevalle gebruik moet word.

Amugulu sê algehele pasiëntgetalle het ook gestyg en pasiënte kan nie almal in die hospitaal se sale gehuisves word nie.

“Sommige pasiënte wat sorgvuldig gekies is, word daarom in die tent as ’n tydelike maatreël gehuisves om kapasiteit te skep,” het sy verduidelik.

Volgens haar is die pasiënte in die tent stabiel, kan beweeg en wag om ontslaan te word.

’n Familielid van een van die pasiënte wat hierheen verskuif is, het egter gesê ventilasie in die “boshospitaal” is swak en pasiënte moet “buite die tent gaan om die toiletgeriewe te gebruik”.

Volgens die familielid is die pasiënt ’n 82-jarige dame wat negatief vir Covid-19 getoets het, maar met verskeie gesondheidsprobleme waaronder borspyne, hoes en hoë bloeddruk in die hospitaal opgeneem is.

“Al die pasiënte van Saal 6A is ontslaan en na die boshospitaal geneem om plek te maak vir moontlike Covid-19-opnames. Die mense in die tent is dié wat moet huis toe gaan. Ek is baie bekommerd oor my familielid, sy oud en alleen en moet nou in hierdie koue daar bly en geriewe buite die tent besoek,” het sy gesê.

Vrydag is 521 nuwe gevalle aangemeld met ’n positiwiteitskoers van 22%. Saterdag was die positiwiteitskoers 20% met 273 gevalle. Die aktiewe gevalle het toe op 2 988 gestaan waarvan 100 in die hospitaal en sewe in die intensiewesorgeenehid (ICU) is. Tien van die gevalle in die hospitaal is ten volle ingeënt, terwyl geen van die gevalle in die ICU ingeënt is nie.

Volgens Shangula word al hoe meer pasiënte in die hospitale opgeneem. Hy het sy kommer uitgespreek oor die feit dat dié wat in die ICU opgeneem word, nie ingeënt is nie. Die minister is ook bekommerd oor die aantal gevalle wat by skole en in koshuise aangemeld word.

Die 70 bed-veldhospitaal is in Julie verlede jaar amptelik geopen en word as ’n saal van die Katutura-hospitaal bestuur. Die hospitaal se tuberkulos (TB)-sale, die ou gebou van die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) en die Katutura-verpleegstersaal is ook opgeknap om ekstra isolasiebeddens te kan voorsien. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!