Pasiënte word verdoof weens medisynetekort

Tendergeskil veroorsaak gebrek aan voorraad
Die tekort aan medikasie vir geestelik versteurde pasiënte het gewelddadige gedrag laat toeneem wat mediese personeel op 'n daaglikse basis moet bestuur.
Tuyeimo Haidula
Dokters en verpleegsters by die Oshakati-staatshospitaal verdoof geestelik versteurde pasiënte om hulself te beskerm.

Dit weens ’n ernstige tekort aan psigotropiese medikasie, wat die hospitaal nou al maande laas ontvang het.

Pasiënte wat antidepressante en antipsigotikum benodig, word glo meestal weggewys aangesien die hospitaal al meer as ’n jaar ’n tekort aan medikasie ondervind.

So het die dokters verlede week aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê oor dié hospitaal op Oshakati wat ’n psigiatriese afdeling het met ’n kapasiteit van 70 beddens.

’n Dokter – wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het en wat gefrustreerd is deur die toestande waaronder hulle moet werk – het gesê sommige pasiënte kan uitdagende en soms gewelddadige gedrag toon, wat kan insluit gryp, byt, om ander pasiënte of gesondheidsorgpersoneel te slaan, of hulself te beseer.

Wat dit erger maak, is dat dié pasiënte dalk nie bewus is van hul optrede nie, en gevolglik vereis dit dat sommige se fisieke beweging beperk word (physical restraint), het hulle gesê.

GEEN ANDER KEUSE

“Hoewel dit nooit die eerste opsie is nie, kan dit nodig wees om ’n pasiënt vinnig te verdoof vir sy of haar eie veiligheid en die van die personeel, wanneer die pasiënt gewelddadig raak,” het die dokter gesê.

Hy het ook verduidelik dat wanneer ’n pasiënt aggressief of gewelddadig optree, korttermyn-ingrypings toegepas word om die situasie te ontlont en dit sluit in om die pasiënt se beweging fisiek te beperk of om die pasiënt na ’n ander omgewing te skuif waar hulle min interaksie met mense het.

“As al die ander opsies uitgeput is, het ons egter nie ’n ander keuse as om pasiënte te verdoof nie.”

Die medisyne wat glo vir byna ’n jaar lank nie in voorraad is nie, sluit chloorpromasien, risperidoon, haloperidol en sulpiried in.

Olanzapine is ook al maande lank uit voorraad. Clozapine wat mondeliks toegedien word, is ook uit voorraad, maar dié in ’n spuitvorm is steeds beskikbaar.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het onlangs aan ’n plaaslike dagblad die tekort aan medisyne by staatshospitale bevestig.

'ALLES VAL UITMEKAAR'

Die mediese superintendent van die Oshakati-staatshospitaal, dr. Ruben Kanime, het gesê die tekort is sedert die omstrede multimiljoendollar-kondoomtender, wat die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se hersieningspaneel in Februarie verlede jaar gekanselleer het omdat die tender glo onwettig toegeken is.

“Sedert die kansellasie van daardie tender het alles uitmekaar begin val. Die lewe het ’n nagmerrie geword. Nie net in Oshakati nie; dis ’n nasionale krisis.

“Ek kan nie sê wanneer dokters kan verwag dat die volle voorraad van die medisyne beskikbaar gestel sal word nie. Ons het die [ministerie van gesondheid] se uitvoerende direkteur [Ben Nangombe] by verskeie geleenthede gevra. Hy sal ’n duideliker antwoord kan gee.”

HOEKOM VERDOWING?

Kanime het verduidelik dat pasiënte wat antipsigotiese middels geneem het en hul toestande onder beheer gehad het, se toestand weer kan versleg as hulle nie hul medikasie neem nie.

“Hul toestand was onder beheer. As die middels nie beskikbaar is nie, vererger hulle toestand en word hulle aggressief. Sulke gevalle word algemeen. As ’n voorsorgmaatreël moet dokters die pasiënte verdoof; andersins is hulle aggressief,” het hy gesê.

Hy het verduidelik dat die sentrale mediese stoor verplig is om medikasie aan alle fasiliteite landswyd te verskaf, maar hulle ontvang óf min voorraad, óf hulle kry niks nie.

“Ons het [Nangombe] by verskeie geleenthede al oor die situasie gevra, maar ons kry geen antwoorde nie,” het hy gesê.

Kanime het bygevoeg dat hulle ook pasiënte aangemoedig het om hul medikasie by private apteke te koop, indien hulle dit kan bekostig.

“Hulle [die ministerie] frustreer gesondheidsorgwerkers. As iemand op chroniese medikasie is wat bestuur word, moes hul dokters veg om seker te maak die dosis is reg. Wanneer jy die medikasie skielik stop, speel ons met hul lewens. Dan verwag ons dat hul toestand sal versleg. Dit is onnodig in terme van mediese etiek,” het hy beklemtoon.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...