No Image Caption

#PasIn: Moderne streekhospitaal vir Nkurenkuru beplan

Elvira Hattingh
Die bou van ‘n primêre gesondheidsorgkliniek in Nkurenkuru is die eerste fase van ‘n projek om ‘n streekshospitaal vir die gebied te bou.

Die kliniek is ‘n eerste van sy soort – ‘n ultra-moderne fasiliteit – wat deur die dorp en die regering gefinansier word.

“Dit is ontwerp om, sodra dit in volle werking is, die volgende siektes te hanteer: algemene siektes, die monitor en bevordering van groei, inentings, voor- en nageboortelike sorg, familie-beplanning, tandheelkunde en antiretrovirale-dienste,” het die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, vanmiddag tydens ‘n media-konderensie gesê.

Daar is reeds 41 werkgeleenthede vir die fasiliteit goedgekeur, wat insluit twee dokters, 22 geregistreerde verpleegsters, ‘n apteker en apteker-assistente en ander ondersteuningspersoneel.

Dit volg nadat Nasionale Raad (NR) se staande komitee oor gesondheid, maatskaplike dienste en arbeidsaangeleenthede onlangs ‘n verslag oor die toestand van gesondheidsorgfasiliteite bekendgestel het, wat veral daarop dui dat ‘n bestaande Lutherse gesondheidsorgsentrum op Nkurenkuru baie oud is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!