Pienk Vrydag om die draai
Die afgelope naweek het die Kankervereniging van Namibië (CAN) ’n propvol Pienk Oktober-program afgeskop met ’n gratis borskliniek by die Westlane Spar in Windhoek.
’n Borskliniek word ook eerskomende Vrydag vanaf 08:30 tot 13:00 by The Grove-inkoopsentrum in die hoofstad gehou.
Vrywilligers sal ook Vrydag tussen 06:00 en 08:00 die gewilde blikkieskud-inisiatief onderneem om geld vir die vereniging in te samel.
Op Saterdag 26 Oktober word stapgeleenthede vir borskanker by die Mediclinic in Windhoek en Swakopmund aangebied. CAN sal ook op bestelling kolwyntjies teen N$15 elk op die laaste twee Vrydae van die maand verkoop.
Die vereniging verkoop ook verskeie items soos penne, T-hemde en sonbrille ter viering van Pienk Oktober.
“Ons moedig vroue aan om ‘borsbewus’ te wees, om hul liggame te ken en om enige veranderinge of redes vir kommer by hul plaaslike gesondheidsgeriewe, dokter of CAN vir vroeë verwysing, diagnose en behandeling aan te meld,” het Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van CAN, gesê.
STATISTIEKE
Die meerderheid kankerdiagnoses in Namibië – 54% – word aan vroue gegee met bors- en servikale kanker wat die algemeenste is.
Meer as 550 vroue in Namibië word jaarliks ??met borskanker gediagnoseer. Volgens CAN ontvang die meerderheid van dié vroue eers ’n diagnose wanneer hul kanker reeds in ’n gevorderde stadium is – dit verswak hul prognose en uitkoms van behandeling aansienlik.
Die Internasionale Agentskap vir Kankernavorsing (IARC) het deur die Global Cancer Observatory (Globocan) opgemerk dat Namibië 3 453 kankergevalle in 2022 gehad het waarvan 553 borskankergevalle was, wat hierdie tipe kanker een van die algemeenste in Namibië maak.
Globocan skat dat daar teen 2050 meer as 1 100 nuwe gevalle van borskanker per jaar sal wees indien dringende ingrypings nie binnekort beskikbaar is nie.
AKSIE
Nadat CAN in 2017 die nasionale kankeruitreikprogram van stapel gestuur het met die doel om toetse vir kanker aan afgeleë gemeenskappe te bied, is ’n borskliniek-inisiatief verlede jaar in samewerking met onder meer die Dr AB May-kliniek begin.
Dié inisiatief is gedryf deur toenemende kommer oor gevorderde gevalle van borskanker in Namibië.
“Ek, dr. Marcia Venter en dr. Anelle Zietsman het besef indien ons nie onmiddellike, drastiese stappe doen nie, gaan die bom van borskankergevalle binnekort bars,” sê Hansen.
Byna ’n jaar en agt maande later is borskliniekprogramme in Windhoek, Swakopmund, Walvisbaai, Oshakati, Onandjokwe, Keetmanshoop, Mariental, Rundu en Katima Mulilo gevestig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie