Plasmaskenkings kan bloedtekort verlig
Alternatief tot volbloedskenkings
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië (NamBTS) moedig die publiek aan om bloedplasma en -plaatjies te skenk.
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië (NamBTS) hoop om die hoë vraag na bloed met die skenking en oortapping van bloedplasma te verminder.
Mnr. Titus Shivute, die skakelbeampte vir NamBTS, glo wel hierdie is nog ver buite hul bereik aangesien NamBTS steeds ongeveer 10% van hul daaglikse teiken vir bloedskenkings bereik.
“Ons kry gemiddeld 20 bloedskenkings per dag, maar die aanvraag is aansienlik hoër aangesien ons ongeveer 200 bloedeenhede benodig om in die vraag te voldoen,” sê hy.
Hoewel dit moontlik is om bloedplasma van bloedskenkings te skei, kan die behandeling van bloedskenkings met sitraat (om verdikking en bloedklonte te voorkom) veroorsaak dat hierdie proses meer ingewikkeld kan wees.
Shivute sê ses eenhede bloed is nodig om bloedplaatjies gelykstaande aan een bloedplaatjieskenking te lewer. Bloedplaatjieskenkings word gewoonlik vir leukemie- en kankerpasiënte geoormerk.
Bloedplasma- en -plaatjieskenkings kan tans slegs by NamBTS se hoofkantoor in Windhoek gedoen word. Dit belemmer tans NamBTS se strewe om die druk op bloedskenkings te verlig.
Om bloedplasma te skenk, moet skenkers reeds een bloedskenking gemaak het, tussen die ouderdomme van 18 en 65 wees en meer as 55 kilogram weeg.
Shivute beveel aan dat genoeg vloeistof voor ’n bloedplasmaskenking ingeneem word en die skenker minstens 3 tot 4 ure voor die tyd eet.
Die A- en B- bloedgroepe (A, B en AB -positief en -negatief) kan bloedplasma skenk.
Plasmaskenkers kan elke 14 dae skenk, in vergelyking met die wagtydperk van 56 dae na ’n bloedskenking, wat beteken meer plasmaskenkings kan elke jaar ingeneem word.
Shivute sê verskeie komponente van bloedplasma kan van mekaar geskei word om ’n verskeidenheid konsentrate te lewer wat allerlei mediese kwale kan behandel, insluitend brandwonde, skok en traumabeserings.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie