Me. Johanna Shinana (DREAMS ambassadeur), me. Nicole Miller (DREAMS koördineerder, USAID), me. Adelheid Gowases (DREAMS ambassadeur), mnr. Ben Nangombe (uitvoerende direkteur, MOHSS), me. Rosalia Indongo (Project Hope, direkteur) en me. Bernadette Harases (DREAMS partyhoof) met die inligtingstukke. FOTO VERSKAF
Me. Johanna Shinana (DREAMS ambassadeur), me. Nicole Miller (DREAMS koördineerder, USAID), me. Adelheid Gowases (DREAMS ambassadeur), mnr. Ben Nangombe (uitvoerende direkteur, MOHSS), me. Rosalia Indongo (Project Hope, direkteur) en me. Bernadette Harases (DREAMS partyhoof) met die inligtingstukke. FOTO VERSKAF

PrEP fokus op tienermeisies

’n Nuwe openbare bewusmakingsveldtog is van stapel gestuur om jong vroue met ’n risiko om MIV op te doen, aan te moedig om Pre-Exposure Prophylaxis-medikasie (PrEP) te gebruik om MIV-vry te bly.

PrEP verminder glo die risiko om tydens seks met MIV geïnfekteer te word, met 90%.

Die voorkoms van MIV onder Namibiese tieners en jong vroue is sowat 7%, wat beteken hulle staar ’n beduidende risiko in die gesig om die siekte op te doen.

Die veldtog word deur die Amerikaanse regering se DREAMS-program gefinansier en in samewerking met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gevoer.

Materiaal vir die bewusmakingsveldtog wissel van radiopraatjies en boodskappe op sosiale media tot opvoedkundige plakkate met ’n totale waarde van N$290 000. Die hulpmiddels ondersteun die gesondheidsministerie se DREAMS-ambassadeurs en ander wat in gemeenskapswerk met jong vroue en hul seksuele maats doen, om hulle aan te moedig om PrEP te gebruik.

PrEP verminder net die risiko om MIV op te doen, met die gebruik van kondome wat steeds belangrik is om teen ander seksueel oordraagbare siektes sowel as swangerskap te beskerm.

Sedert September 2018 het meer as 26 000 tienermeisies en jong vroue in Namibië besluit om dié medikasie te gebruik, met meer as 65% wat deur DREAMS bereik is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!