Projekte fokus op Black Chain
In ooreenstemming met die bepalings soos vervat in die module vir die LLB-regshulpkliniek en professionele etiek by die Universiteit van Namibië (Unam), word van studente verwag om ’n gemeenskapsinisiatief aan te pak as deel van hul akademiese verpligtinge.
Die gemeenskapsprojekte behels vrywillige dienste deur studente tot voordeel van gemeenskappe en inwoners.
Cicero & Co wat spesifiek vir dié doel gevorm is, se projek het ten doel om die toestande by die pediatriese afdeling in die Black Chain Katutura-kliniek te verbeter. Die hoop is om van kinderbeddens tot stoele aan die kliniek te skenk wat deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste bestuur word.
Die uiteindelike doel is om aktief die uitdagings wat ondervind word met voldoende toegang tot gesondheidsgeriewe te takel. Die projek streef ook daarna om die algehele gesondheidstatus van die bevolking te verbeter en juis te fokus op die minste bevoorregte en weerlose lede van die samelewing.
Dit word onder aanvoering van Jamellee Janke ([email protected]) en die leier van Cicero &Co Naboth de Celestino ([email protected]) gedoen wat by hulle onderskeie e-posadresse vir verdere besonderhede of enige skenkings gekontak kan word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie