Die psigiater moet in April tydens 'n openbare verhoor voor die mediese en tandheelkundige raad in Windhoek verskyn. FOTO ARGIEF
Die psigiater moet in April tydens 'n openbare verhoor voor die mediese en tandheelkundige raad in Windhoek verskyn. FOTO ARGIEF

Psigiater verskyn voor mediese raad

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Omstrede psigiater van Swakopmund wat vroeër onskuldig bevind is op aanklagte van die verkragting van ’n pasiënt wat hy eers sou bedwelm het, is in April deel van ’n verhoor van die Mediese en Tandheelkundige Raad van Namibië vir onprofessionele gedrag.

Die raad vir gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) het reeds in April 2018 bevestig verskeie klagte van onprofessionele gedrag word teen Van der Westhuizen ondersoek.

’n Voorlopige ondersoekkomitee van die Mediese en Tandheelkundige Raad het in 2019 bevind ’n klag van onprofessionele gedrag teen Van der Westhuizen het wel meriete.

Johanna Nghishekwa, hoofregsbeampte van die HPCNA se regsdienste, het bevestig Van der Westhuizen is op 1 Maart van die klagte in kennis gestel. Die sitting vind vanaf 15 tot 19 April by die Mercure Hotel in Windhoek plaas en is oop vir die publiek.

Volgens Nghishekwa moet Van der Westhuizen nog op die klagte teen hom pleit. Besonderhede hieroor bly daarom vertroulik totdat hy met die aanvang van die ondersoek gepleit het.

Sou Van der Westhuizen skuldig bevind word aan onprofessionele gedrag, word sy magte ingevolge wetgewing opgeskort. Na bewering het Van der Westhuizen die polisie glo probeer ontduik toe hulle die dagvaarding vir die verhoor in April op hom wou bestel en het sy praktyk, wat glo intussen verskuif is, beweer hy praktiseer nie meer nie.

Die verhoor deur die HPCNA spruit voort uit ’n saak waarin Van der Westhuizen tereggestaan het op vyf aanklagte – drie vir verkragting, een vir onsedelike aanranding en een vir poging tot moord aangesien hy in November 2015 ’n getroude vrou en ma van twee kinders na bewering ’n oordosis medikasie gegee het voor hy haar verkrag het. Regter Eileen Rakow het egter beslis die staat het nie genoegsame bewyse voor die hof gebring om Van der Westhuizen skuldig te bevind nie.

Rakow het onder meer in haar uitspraak gesê daar was geen konkrete bewyse van die dosisse wat Van der Westhuizen die slagoffer ingegee het nie.

Dit is volgens die getuienis van twee psigiaters wel moontlik dat die klaer ’n valse herinnering van gebeure kon hê en het ook verwys na die getuienis van ’n uroloog dat Van der Westhuizen in 2015 erektiele disfunksie gehad het.

Van der Westhuizen het onlangs weer die nuus gehaal nadat sy vervreemde vrou ’n klag van huishoudelike geweld en aanranding teen hom aanhangig gemaak het.

Sy het reeds drie beskermingsbevele teen hom gekry wat hy glo verontagsaam het en het intussen ook ’n skeisaak aanhangig gemaak. Dié saak is vir verdere ondersoek tot 10 September uitgestel en hy is tans vry op borgtog van N$2 000.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!