Psigiatriese saal vol luise
Gebrek aan infrastruktuur
Skoonmakers doen hul bes om die sale skoon te hou waar pasiënte dikwels kos op hulle beddegoed en die vloere gooi.
Enzo Amuele – Geestesgesondheidspasiënte deel die psigiatriese saal van die Oshakati Intermediêre Hospitaal in die Oshanastreek met luise.
Ruben Kanime, die mediese superintendent by dié hospitaal, het dié inligting bevestig.
Die afdeling het altesaam 140 beddens, maar akkommodeer tans 97 mans en 62 vroue en is dus oorvol.
“Daar is luise – veral in die manssaal. Hierdie pasiënte is uniek, en sommige is aggressief en gooi kos en drinkgoed op hul beddegoed en die vloere rond," het Kanime gesê.
Hy het bygevoeg die saal is deur ’n omgewingsgesondheidsinspekteur ondersoek, wat ontdek het dat dit met luise besmet is.
Hy het verder bygevoeg aandag sal gegee moet word aan die kwessie en dat die skoonmakers hul bes probeer om die sale skoon te hou.
Kanime het ook bevestig dit is nie die eerste keer dat luise in die sale ontdek word nie.
“Dit het al voorheen gebeur, en ons het daarin geslaag om van die luise ontslae te raak, en hierdie keer is ons vol vertroue dat ons steeds van hulle ontslae kan raak,” het hy gesê.
INFRASTRUKTUUR
Kanime het gesê die saal word nie doeltreffend bedryf nie en wat nodig is, is ’n hospitaal.
"Ons het ’n hospitaal nodig wat ten volle in die behoeftes van pasiënte met geestesongesteldhede voorsien, ons moet vir ’n groot bevolking in die Noorde voorsiening maak,” het hy beklemtoon.
Hy het ook opgemerk dat die meeste pasiënte inkom weens dwelm- en alkoholmisbruik of depressie.
“Meeste van die pasiënte wat aan geestesgesondheidskwessies ly, is jongmense wat sukkel met alkohol- en dwelmmisbruik,” het hy gesê.
MEDISYNE BESKIKBAAR
Kanime het opgemerk dat die medikasie vir die pasiënte tans geredelik beskikbaar is en die regering probeer om ’n langtermynkontrak met ’n verskaffer te kry.
Hy het bygevoeg Namibië word benadeel weens sy klein bevolking, en verskaffers is geneig om lande met groot bevolkings eerste van voorraad te voorsien.
“Ons het al voorheen nie medikasie gehad nie, tans het ons die medikasie, en ek hoop ons kan dit so hou” het Kanime gesê.
Volgens hom sal die raad vir geestesongestelde wat onlangs tot stand gekom het, terkortkominge by instellings vir geestessiektes takel. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie