#RepBrokkies: Kokerboom Kwilters en CAN snoer kragte saam
Die Kokerboom Kwilters bied Maandag (16 Oktober) vanaf 18:00 tot 20:00 ’n aanlyn veiling in samewerking met die Kankervereniging van Namibië (CAN) aan. Diegene wat aan die veiling wil deelneem, kan by die WhatsApp-groep aansluit deur die skakel https://q.my.na/G8LH te volg. Indien ’n bod suksesvol is, kan die betaling in die Kokerboom Kwilters se rekening inbetaal word voor dit op 17 Oktober by CAN se omgeetee afgehaal kan word. Indien die suksesvolle bieër op die platteland bly, sal die item aan hulle besorg word.
Foto ter illustrasie/www.kwiltit.com
Foto ter illustrasie/www.kwiltit.com
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie