Reuse-agterstand in kunstande, prostese
Die reuse-agterstand in konsultasies vir en die maak van kunstande in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste word grootliks gedryf deur ‘n gebrek aan personeel en hulpbronne. Volgens ‘n kennisgewing wat deur die ministerie by die Katutura-staatshospitaal opgeplak is, sal geen nuwe pasiënte vir kunstande weens die agterstand gesien word nie. Verdere kennisgewing oor wanneer weer met die proses voortgegaan sal word, sal aan nuwe pasiënte gekommunikeer word, maar geen datum word verskaf nie.
Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, het by navraag bevestig dat die agterstand reeds vir ‘n geruime tyd voortduur en skryf dit toe aan beperkings op hulpbronne sowel as bedryfsuitdagings.
Volgens Nangombe is daar tans net een stoel vir prostese-pasiënte beskikbaar wat die hospitaal se kapasiteit ernstig raak om die volume pasiënte te hanteer wat kunstande en ander prostetiese dienste benodig.
Hy sê ook ‘n beduidende aantal pasiënte gaan haal nie hul voltooide kunsgebit nie, ten spyte daarvan dat die vervaardigingsproses vier tot ses weke per produk neem. Dit lei tot die vermorsing van hulpbronne en vertragings in diensverskaffing aan ander pasiënte.
Nangombe sê die betrokke departement word tans deur net twee gekwalifiseerde tandheelkundige tegnici en een spesialis, ‘n vrywilliger uit Kuba, beman om kunstande te hanteer.
“Die beperkte aantal vaardige beroepslui is onvoldoende om in die hoë aanvraag te voorsien,” het hy gesê. Volgens hom plaas die rotasie van interne dokters en studente op ‘n driemaandelikse basis ook vloei en doeltreffendheid. “Gereelde rotasies vereis dat nuwe personeel van nuuts af opgelei moet word en wat ‘n demper op die algehele produktiwiteit en pas van dienslewering plaas.”
In ‘n poging om die voortgesette agterstand en bogenoemde uitdagings hok te slaan, het die departement nou ‘n omvattende versoek gerig wat vir die huidige finansiële jaar deur die ministerie oorweeg word. Dit sluit in die vermeedering van stoele van vier tot ses vir kaakchirurgie, prostodonsie tot vier stoele, konserwatiewe tandheelkunde van ses tot agt en vir tandheelkunde in die gemeenskappe drie mobiele stoele om uitreikprogramme en dienslewering in gemeenskappe te verhoog. Met betrekking tot personeel is die versoek van die tandheelkunde-departement vir vier bykomende tandheelkundige tegnici, asook nog drie spesialiste om die werkslading meer doeltreffend te versprei.
“Ons is vol vertroue dat die implementering van die voorstelle sal lei tot ‘n beduidende vermindering in die agterstand en ook die algehele doeltreffendheid van ons prostetiese dienste sal verbeter.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie