Dr. Ismail Awala (kardio-torak chirurg, Namibië), dr. Alfred Mureko (kardio-torak chirurg, Namibië), dr. Shidhika (pediatriese kardioloog, Namibië), dr. Solly Amadhila (voorsitter: Namibia Children Hearts Trust) en dr. Mohamed Nassar( Healing Little Hearts, Egipte, gebaseer in Londen.) FOTO VERSKAF
Dr. Ismail Awala (kardio-torak chirurg, Namibië), dr. Alfred Mureko (kardio-torak chirurg, Namibië), dr. Shidhika (pediatriese kardioloog, Namibië), dr. Solly Amadhila (voorsitter: Namibia Children Hearts Trust) en dr. Mohamed Nassar( Healing Little Hearts, Egipte, gebaseer in Londen.) FOTO VERSKAF

Reusemylpaal in hartoperasies

Aangebore toestande
Dit het die regering tot N$4 miljoen per pasiënt gekos om pasiënte na die buiteland vir die betrokke prosedure te stuur.
Jemima Beukes
Jemima Beukes - Namibië het ‘n beduidende mylpaal in gesondheidsorg bereik met ‘n deurbraak in die behandeling van aangebore harttoestande en wat die regering jaarliks miljoene Namibiese dollar sal spaar. Dit het die regering tot N$4 miljoen per pasiënt gekos om hulle na die buiteland vir die betrokke prosedure te stuur. Verlede week het ‘n Namibiese span spesialiste onder leiding van die hoof van die departement vir pediatriese en aangebore kardiologie by die Windhoek Sentrale Hospitaal, dr. Fenny Shidhika, nege komplekse aangebore hartoperasies uitgevoer. Dit sluit verskeie hoogs komplekse neonatale operasies in. Van die jong pasiënte het ingesluit babas van 18 dae en drie weke oud, sowel een van 13 maande wat sedert geboorte afhanklik van suurstof was. Veral dié operasies is uiters kompleks, omdat babas onvolwasse organe het wat uiters kwesbaar is ná blootstelling aan die hart-longpompmasjien. In dieselfde asem het hulle ook ‘n klein hartjie wat vergelykbaar is met die grootte van ‘n okkerneut en gelykstaande is aan tegniese kompleksiteit wat hoër akkuraatheid en noukeurige hantering vereis.

Die plaaslike span van dr. Alfred Mureko en dr. Ismail Awala is ondersteun deur ‘n chirurg van die

Newcastle Upon Tyne-hospitaal in Brittanje.

Shidhika, Namibië se eerste vroue pediatriese kardioloog, sê Namibië is bevoorreg dat die regering ‘n toegewyde begroting toegeken het vir kardiovaskulêre dienste. Laasgenoemde is deel van die algehele uitgawes vir gesondheid en wat uit 8% tot 9% van die bruto binnelandse produk (BBP) bestaan.

Sy verduidelik die finansieringsmodel volg ‘n belastinggebaseerde benadering tot gesondheidsorg soortgelyk aan die Beveridge-stelsel deur meer as 90% van die bevolking sonder private versekering te dek. Tans is die begroting net sowat sewe tot agt miljoen wat onvoldoende is vir die behoeftes van beide die volwasse en pediatriese bevolking wat gespesialiseerde sorg vereis.

Shidhika het onlangs haar MSc-graad in gesondheidsekonomieë, -uitkomste en -bestuur in kardiovaskulêre wetenskappe aan die Londen Skool vir Ekonomie en Politieke Wetenskap behaal.

“Die Namibiese regering dra ‘n beduidende gedeelte van die nasionale las van hartsiektes. Die Namibia Children's Heart Trust is gevolglik gestig om toeganklike, bekostigbare en gelyke sorg te verseker vir alle kinders en volwassenes wat met hartsiektes gebore is en ongeag hul sosio-ekonomiese toestand. Die trust word bedryf op die beginsel dat kwaliteit-gesondheidsorg gerig word deur behoefte en nie deur die vermoë om daarvoor te kan betaal nie,” het Shidhika verduidelik.

Die chirurgiese program vir aangebore hartsiektes in Namibië is in September 2018 begin en sluit dr.

Alfred Mureko, die eerste Namibiese volwasse kardiotorakale en aangebore hartchirurg en dr. Ismail Awala, ‘n volwasse kardiotorakale chirurg in.

Ook deel van die uiters bekwame span is dr. Nicolaas Feris, die eerste Namibiese hart-narkotiseur en Siphamandla Simelane, ‘n Suid-Afrikaanse kardiovaskulêre perfusiemaker verantwoordelik die bestuur van die hartlong- of kardiopulmonêre omleidingsmasjien. Die span word ondersteun deur spesialiste soos dr. Kaiser Fitzwanga en dr. Tjiandjeua Kandetu wat spesialiseer in die sorg en behandeling van pediatriese pasiënte in intensiewesorg.

“Die Namibiese regering het beduidend in die opleiding en die opbou van die vaardighede van spesialiste belê. Dit kos die regering gemiddeld N$7 tot N$10 miljoen om een sub-spesialis op te lei, meestal in Suid-Afrika en wat salarisse en uitgawes vir opleiding dek. Die belegging is noodsaaklik om ‘n vaardige, multi-dissiplinêre span te bou wat in die land se behoeftes vir hartgesondheid te kan voorsien,” sê Shidhika.

Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se uitvoerende direkteur Ben Nangombe, sal die deurbraak die regering miljoene Namibiese dollar in logistiek en operasie spaar wat buite die land uitgevoer word.

“Ons bestee miljoen dollar on hierdie tipe operasies in Suid-Afrika of Zimbabwe of Kenia. Ons moet betaal vir lugambulanse en vir pasiënte wat ons stuur se familielid wat hulle vergesel, die operasie, sowel as nasorg vir die pasiënt. Basies kan dit vir een pasiënt tot N$4 miljoen kos. Ons moet ook dink aan die angs en onsekerheid wat ons nou verminder wanneer ons pasiënte oor die land se grense vir die operasie stuur. Stel jou voor ‘n persoon moet drie of vier ure vlieg vir so ‘n operasie. Soms moet pasiënte so ver as Duitsland of Oostenryk reis en dit kan mense wees wat nog nooit buite die land se grense was nie,” sê Nangombe.

Volgens hom kan dit ‘n beduidende impak op die pasiënt se gesondheid hê om lang ure vir ‘n operasie te vlieg. Nangombe sê egter daar kan steeds buitengewone gevalle wees wat steeds in die buiteland behandel word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...