Rough & Tough skenk N$1 miljoen aan CAN

Hulp vir palliatiewe sorgeenheid
'n Gemeenskap van liefhebbers van klassieke motors en veldmotors, avontuurlustiges en entoesiaste kon vir die sesde jaar hul passie uitleef.
Iréne-Mari van der Walt
Die jaarlikse Rough & Tough Rally wat vir die sesde keer deur die Baard-gesin aangebied is, het meer as N$1 miljoen ingesamel vir die Kankervereniging van Namibië (Can).

Die drie dag tydren neem deelnemers elke jaar deur Damaraland en het verlede Donderdag afgeskop. Deelnemers moes hul weg vind deur afgeleë spoorpaadjies, bergroetes en rivierbeddings deur onder meer die Omatjete-nedersetting tot by Khorixas waar die tydren die Saterdagaand by die Madisakamp tot 'n einde gekom het.

Ongeveer 280 deelnemers met 78 renmotors en 35 ondersteuningsvoertuie het 1 000 kilometer in die drie dae afgelê.

"'n Gemeenskap wat gevorm is uit liefhebbers van klassieke motors en veldmotors, asook avontuurlustiges en entoesiaste, het hul passie uitgeleef en hul deelname gebruik om ander te help - dit is die storie van Rough & Tough," het CAN se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, gesê.

Vorige skenkings van die Rough & Tough Rally is gebruik vir CAN se nasionale uitreikprogram en die finansiële ondersteuning van kankerpasiënte. Vanjaar sal die skenking gebruik word om CAN se palliatiewe sorgeenheid op die been te bring.

Die tydren is ses jaar gelede deur Philipie Baard begin om 'n avontuur vir motorentoesiaste te skep en wat kan terugploeg in die gemeenskap. Die Rough & Tough Rally het blitsvinnig een van die gunstelingitems op motorentoesiaste se kalendar geword.

Motors moet ouer as 30 jaar wees om aan die Rough & Tough-tydren deel te neem. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 23° | 34° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 18° | 24° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 24° | 36° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 17° | 26° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 18° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 34° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 18° | 23° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 19° | 30° Durban: 20° | 27° Johannesburg: 16° | 30° Dar es Salaam: 25° | 33° Lusaka: 18° | 22° Harare: 16° | 23° #REF! #REF!