from left to right, Fouché Brand (CPW); Dr David Weber and Dr Armid Azadeh (Medical Association of Namibia) and Chris Matthee (CPW).
from left to right, Fouché Brand (CPW); Dr David Weber and Dr Armid Azadeh (Medical Association of Namibia) and Chris Matthee (CPW).

Ruim borgskap vir mediese kongres

STAFF REPORTER
Capricorn Private Wealth (CPW) borg die 43ste jaarlikse mediese kongres wat volgende week deur die Mediese vereniging van Namibië (MAN) aangebied word met N$200 000. Verlede jaar het meer as 250 professionele gesondheidslui, kenners en navorsers van oraloor Namibië en die buiteland die kongres bygewoon wat ten doel het om samewerking, die deel van kennis en ook die koester van die vooruitgang in medisyne te bevorder.

Vanjaar se kongres vind onder die vaandel Back to Basics van 12 tot 13 Julie by die Universiteit van Namibië (Unam) se Hage Geingob-kampus plaas en is die gasheer van afgevaardigdes, uitstallers, mediese dokters en studente van oraloor die land, tesame met internasionale sprekers wat uiteenlopende onderwerpe gaan takel. Volgens MAN se voorsitter, dr. David Weber, weerspieël die tema die mediese bedryf se gebruik van unieke ontdekkings.

"Dit is goed vir ons om weer te fokus en die basiese weer te ondersoek voordat ons daarop voortbou," het hy gesê.

CPW se uitvoerende beampte Chris Matthee sê as deel van die Capricorn Group is CPW bevoorreg om 'n voertuig van positiewe verandering te wees deur in vennootskap met die mediese vereniging te tree vir die opkomende mediese kongres.

"Ons ervare raadgewers sien daarna uit om met bestaande en nuwe professionele mediese praktisyns te gesels om pasgemaakte finansiële oplossings saam te stel en te help bou en ook hul rykdom te beskerm," het hy gesê.

Volgens CPW se uitvoerende beampte vir rykdom Fouché Brand is die Capricorn Group reeds vir jare 'n getroue ondersteuner van die Namibiese mediese bedryf deur vennootskappe te smee in die ontwikkeling van die land se gesondheidstelsel.

"CPW is trots op sy samewerkende vennootskap met baie instellings vir gesondheidsorg, beroepslui, kenners en lede van die mediese gemeenskap in Namibië." - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!