SABMR reik uit na mense van kleur
Minder as 30% kans om gehelp te word
Dit is noodsaaklik vir mense van kleur om beenmurgskenkers te word, sê Zaahier Isaacs van die SA Beenmurgregister.
“Ons sal jou dalk nooit bel om te sê jy is ’n gepaste skenker vir ’n pasiënt nie, maar ons mag jou dalk net bel,’ sê Zaahier Isaacs, die hoof van pasiënte dienste van die Suid-Afrikaanse Beenmurgregister (SABMR), wat tans op besoek in Namibië is.
Die Kankervereniging van Namibië (CAN) het onlangs aangekondig dat hulle kragte met die SABMR gaan saamspan om die skenkerspoel te verbreed.
Isaacs sê dit is noodsaaklik vir mense van kleur om beenmurgskenkers te word.
“Daar is 42 miljoen geregistreerde beenmurgskenkers wêreldwyd en 70% van hulle is wit met net 30% wat swart mense, mense van Asië, mense van gemengde ras en mense van Spaanse afkoms is – dit ten spyte van die feit dat die laasgenoemde groep die meerderheid van die wêreldbevolking uitmaak. Wanneer ’n wit persoon by my instap, is daar ’n 78%-kans dat ek hulle kan help, maar vir mense van kleur daal dit tot 28%,” sê hy.
“Die meerderheid mense in Namibië is mense van kleur en in talle gesondheidsverwante voorvalle word mense van kleur die hardste getref,” sê Kushi Tjiriange, ’n beampte vir pasiënte-ondersteuning by CAN.
Hoewel beenmurgskenkings nie noodwendig binne die perke van rassegrense plaasvind nie, is dit algemeen dat ’n skenker en ’n pasiënt ’n gedeelde herkoms sal hê.
“Daar is ’n groot kans dat ’n skenker en die pasiënt dieselfde taal sal praat, omdat ons Mensleukosietantigeen (HLA) met raslyne erf,” sê hy.
“Mense het al oraloor die wêreld migreer en gemengde huwelike word al vir ’n baie lang tyd gevorm, dus weet jy nooit wat die kanse is nie,” sê Isaacs.
Bo en behalwe die diversifisering van die beenmurgskenkersregister, hoop Isaacs ook om die mites oor beenmurgskenking hok te slaan.
“Ons wil wegdoen met die idee dat ons in bene in boor. Die proses is baie vereenvoudig en is amper pynloos – dit is net ’n naald in jou arm,” sê Isaacs en voeg by dat die proses om beenmurg te skenk wel tussen vier en ses ure mag duur.
Tjiriange sê ses Namibiërs het reeds beenmurgskenkings met die ondersteuning van die SABMR ontvang, en hoop dat dié getal nie net in Namibië nie, maar in Suider-Afrika kan toeneem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie