'Sekere groep mense' dreig inentingspanne
Veldtog vir 12 tot 17-jariges skop by skole af
Die gesondheidsministerie word glo betaal om mense te oorreed om as deel van 'n ontvolkingsagenda hulself teen Covid-19 te laat inent.
Streeksdirekteure en inentingspanne verbonde aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste loop deur onder dreigemente van “’n sekere groep mense wat teen inenting gekant is".
Volgens die uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, is sy kantoor ook met oproepe oorval. Verskeie stemboodskappe word ook wyd op sosiale media gedeel waarin beweer word “entiteite buite die ministerie”, betaal die ministerie se leierskap om mense te oorreed om as deel van ’n ontvolkingsagenda hulself te laat inent teen Covid-19.
“Dié beweringe is totaal van die waarheid ontbloot en het ten doel om mense teen inenting af te skrik, wat tot meer lewensverlies kan lei,” sê Nangombe.
Volgens hom help die verspreiding van waninligting niemand en verwar dit net die publiek. Hy het gemaan Namibië se grondwet en wette is duidelik en niemand is bo die reg verhewe nie.
“Ons beveg ’n pandemie wat die lewens van ons geliefdes geëis het. Dit is nog nie verby nie. Ons moet voortgaan om die publiek met feitelike inligting te onderrig en te bemagtig.”
Nangombe het die inentingsveldtog vir kinders en tieners van 12 tot 17 jaar uitgesonder wat in Desember verlede jaar in die land goedgekeur is.
Die goedkeuring is gegrond op wetenskaplike bewyse wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se strategiese raadgewende groep van kundiges (SAGE) gepubliseer is. Volgens dié riglyn is die Pfizer-entstof doelterffend en veilig vir die betrokke ouderdomsgroep.
Nangombe het beklemtoon toestemming is nodig van die ouers of voogde van 12- tot 17-jariges om hulle te laat inent.
“Om in te ent al dan nie is die ouers of voogde se besluit, nadat hulle al die inligting oor die entstof ontvang het in ’n taal wat hulle verstaan. Inenting in Namibië is vrywillig,” het Nangombe gesê.
Volgens hom word inligting oor die entstof by inentingspersele gedeel en word die voordele en potensiële newe-effekte breedvoerig aan ouers verduidelik.
“Ouers en voogde het die reg om toestemming te gee, of te weier dat hul kinders ingeënt word.”
Nangombe sê ’n paar Covid-19-gevalle het onder skoolgaande kinders in die land voorgekom, met trosinfeksies in sommige skole wat gemeenskapsgedrewe oordrag in sommige streke tot gevolg gehad het.
“Hoewel kinders en tieners nie ernstig siek word nie, kan hulle steeds die siekte aan ander lede van die huishouding oordra wat ouer volwassenes en mense met onderliggende toestande insluit wat ’n verhoogde risiko vir ernstige siekte en sterftes het.”
Hy het verwys na mobiele en uitreikingsklinieke wat gebruik word om meer mense binne ’n kort tydperk in te ent en wat ook die uitbreiding van inentingsveldtogte na skole insluit.
“Dit is nie ’n vreemde konsep nie. Dit was ’n praktyk met alle inentingsveldtogte wat ons gehad het. Die enigste doel is om dienste nader aan mense te bring sonder om onderrig te onderbreek.”
In dié verband het die ministerie Vrydag met die ministerie van onderwys, kuns en kultuur hande gevat om amptelik inentingsveldtogte by skole van stapel te stuur. Dié veldtogte sal landswyd geskied. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie