Coryx-keelsproei. FOTO FACEBOOK
Coryx-keelsproei. FOTO FACEBOOK

Sekere keelsproei van mark onttrek

Henriette Lamprecht
’n Spesifieke reeks keelsproei is weens ’n foutiewe spuitmeganisme van Namibiese rakke onttrek.

Cipla Medpro (Pty) Ltd. het in samewerking met die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) ’n reeks Coryx-keelsproei (registrasienommer 13/16.3/0219, schedule N$1) vrywilliglik onttrek. Die reeks se vervaldatums is van Oktober 2022, tot Februarie en Maart aanstaande jaar. Die lotnommers is van ZB000156 tot ZB100173. Volgens Cipla is die rede vir die herroep van die produk die vae moontlikheid dat die spuitkop van die spuitmeganisme tydens gebruik kan loskom.

Mense wat die betrokke produkte reeds gekoop het, word aangeraai om dit aan hul aptekers terug te gee wat op hul beurt kliënte met die aankoopprys sal vergoed.

Cipla Suid-Afrika se uitvoerende hoof, mnr. Paul Miller, het beklemtoon die veiligheid en welstand van pasiënte is hul belangrikste prioriteit.

“Nadat ons met die NMRC in gesprek getree het, het ons dit nodig geag om die spesifieke reeks van die produk uit die mark te onttrek. Ons werk nou saam met die vervaardigers van die spuitmeganisme om te verseker daar is geen moontlikheid van enige foute in die toekoms nie,” het hy gesê.

Coryx-keelsproei word gebruik vir die tydelike verligting van pyn en ongemak in seer kele weens verkoues en die gepaardgaande krapperigheid in die keel. Dit word ook aanbeveel vir matige mondirritasies. Die produk is verpak in ’n amberkleurige glasbottel met ’n skroefdop. Die spuitmeganisme is apart verpak in die karton. Coryx-keelsproei is sonder ’n voorskrif oor die toonbank beskikbaar en word in Suid-Afrika deur Mirren (Pty) Ltd vervaardig, terwyl Cipla Medpro (Pty) Ltd die bemarking hanteer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!