Imara Bachler en die Chica-beer tydens die oorhandiging van N$10 000 aan CAN. Foto verskaf
Imara Bachler en die Chica-beer tydens die oorhandiging van N$10 000 aan CAN. Foto verskaf

Selfs die jongste kan ’n verskil maak

Die tweejarige Imara Bachler het N$10 000 aan die Kankervereniging van Namibië (CAN) geskenk. Sy het die donasie gemaak in die naam van haar ouma, Laina Manasse, wat in Julie 2021 aan kanker gesterf het.

Volgens haar ouers, Mandume en Selma Bachler, het CAN hulle ondersteun terwyl ouma Laina ’n stryd teen kanker gevoer het. Dit het vir die familie baie beteken dat iemand daar was vir hulle gedurende dié moeilike tyd.

Weens Covid-19-inperkings kon ouma Laina nie haar kleinkind se eerste verjaardag saam met haar vier nie. Sy het dus baie uitgesien om die tweede verjaarsdag saam met familie en Imara te vier, maar is voor dié datum oorlede.

Die ouers het besluit om wel die verjaarsdag te vier, maar hulle het gaste gevra om in plaas van geskenke vir hul dogter eerder ’n skenking te maak wat hulle dan aan CAN sou oorhandig.

Nog ’n faktor in die besluit om aan die Kankervereniging van Namibië te skenk, was hul waardering vir die CHICA Tussentydse Huis en die Chica-beerprojek (’n vennootprojek met Liberty Life Namibia) – beide gerig op die verbetering van die lewens van kinders met kanker.

Imara se ouers poog om hul dogter te leer dat dit beter is om te gee as om te ontvang en gevolglik het sy besluit om aan kinders soos syself te skenk.

Rolf Hansen, hoof uitvoerende direkteur van CAN, het die gesin se gebaar geprys deur te sê dit was baie verootmoedigend om te sien hoe selfs die kleinste kinders ’n verskil in hul gemeenskap kan maak.

Die familie hoop dat hierdie storie Namibiërs inspireer om na mekaar om te sien en vir mekaar te sorg.

“Daar is soveel mense in nood. Doen wat jy kan, met wat jy het,” het Imara se ma gesê.

Indien jy die lot van kinders met kanker wil ondersteun, besoek chicanamibia.com.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!